LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Lofts D32 | LekkeSlaap
+8

The Lofts D32

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Lofts, Diaz Strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R700 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

As jy op soek is na 'n heerlike vakansie naby die strand in 'n netjiese en veilige kompleks, dan is The Lofts die regte plek vir jou. Die swembad is sprankelend en die braaigeriewe word elke oggend skoongemaak.

Selfsorgverblyf:

Die woonstel is op die eerste verdieping en het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 2 slaapkamers, die eerste kamer het 'n dubbelbed en die ander het 2 enkelbeddens. Die oopplan- leefkamer en -kombuis het 'n TV, mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, wasmasjien en 'n eetkamertafel. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n ruim balkon met stoepmeubels wat 'n uitsig oor die tuin en swembad het.

Daar is ook 'n DStv-skottel en -dekodeerder. Gaste kan hul eie slimkaart of dekodeerder saambring. Daar is 'n toesluitmotorhuis op die perseel. Daar is braaigeriewe en 'n swembad in die tuin.

Ligging :

The Lofts is oorkant Diaz Strand, een van die mees gewilde bestemmings in Suid-Afrika geleë. Dit is halfpad tussen Mosselbaai en Hartenbos.

Die Langeberg Mall en die Spar Mall is baie naby aan The Lofts geleë en bied 'n groot verskeidenheid winkels en restaurante. Diaz se goue strande strek vir kilometers na die suide- en noorde waar daar veilig branders gery en geswem kan word. Buite seisoen is dit 'n rustigste en stil bestemming.

Doendinge sluit daguitstappies na George, Knysna en Oudtshoorn in. Die ongelooflike Tuinroete bied baie gewilde roetes en strande.

Slaapplek

’n Bespreking by The Lofts D32 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wildritte
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 7 resensies vir The Lofts D32
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • The Lofts, Diaz Strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Lofts D32 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Lofts, Diaz Strand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM2YmNiNWZkLTVlMDQtNGE5ZC05Mzc3LTdjMTk4NGFmZWFiYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 4 persone) 7 5 1 5 The Lofts Diaz Beach 6506 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -34.165261120221 22.109772776013
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!