LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Lookout at Whale Cove | LekkeSlaap
+26

The Lookout at Whale Cove

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cliffstraat 95, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

De Kelders lê teen die kus van die marine-bewarea Walkerbaai en is bekend as die tuiste van die noorkapperwalvis vir 6 maande van die jaar. Dit sal dus as geen verrassing kom dat dit een van die vernaamste landgebaseerde walviskyk-plekke in die wêreld is nie. Jy het uitstekende uitsigte oor die walvisse sommer van die woonstel se balkon af!

Die woonstel het slaapplek vir 6 mense in 3 slaapkamers en bied gerieflike selfsorgverblyf wat uitkyk oor die Atlantiese Oseaan. Die woonstel het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea, -eetarea en -kombuis. Die groot balkon, wat toegerus is met 'n gasbraai, buitetafel met sitplek vir 6 en sonstoele, bied manjifieke uitsigte oor die berg en see al die pad na Hermanus toe.

Die hoofslaapkamer spog ook met 'n lieflike uitsig, daar is nie veel ander plekke waar jy walvisse sommer uit die bed kan dophou nie! Die slaapkamer is ingerig met 'n ekstra-lengte koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Al die beddens is oorgetrek met Egiptiese katoenlinne en -duvet-oortreksels. Daar is ingeboude kaste in al 3 slaapkamers asook paneelverwarmers en elektriese komberse vir die wintermaande.

Die tweede badkamer beskik oor 'n stort of bad en toilet. Die moderne kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond en stoof, ketel en broodrooster asook 'n skottelgoedwasser vir jou gerief. Daar is talle ekstra geriewe soos 'n filterkoffiedompelpot, 'n toebroodjierooster en bakgereedskap.

Daar is 'n ekstra TV-alkoof wat lei van die hoof-leefarea af en die woonstel het DStv (Premium), 'n DVD-speler, 'n musiek-sentrum en gratis WiFi.

Gaste het toegang tot parkeerplek in die woonstelkompleks en die woonstel kan daagliks skoongemaak word indien nodig, teen 'n ekstra koste. Daar is ook 'n wasgoeddiens beskikbaar teen 'n ekstra koste. Badhanddoeke, swemhanddoeke, seep, toiletpapier en skoonmaakmiddels word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by The Lookout at Whale Cove sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir The Lookout at Whale Cove
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Cliffstraat 95, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Lookout at Whale Cove het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cliffstraat 95, De Kelders, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEzMmZiYzEzLTNkOWYtNDY5Zi1hNjgyLWM0MmJmY2M3MGVkZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 250  per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 95 Cliff Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.554999045163 19.364945590496
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!