Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Manderson Hotel & Conference Centre

Hotel
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabethstraat, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 298 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ons is aan die voet van die Amtholeberge in Stutterheim geleë. The Manderson Hotel & Conference Centre is die perfekte bestemming vir 'n naweek-wegbreek en ons bied ook puik konferensiegeriewe.

Die hotel bied 'n keuse tussen Standaardkamers, Deluxe-kamers, Junior-suites en Tuin-suites. Al 40 kamers beskik oor en suite-badkamers met aparte baddens en instapstorte, koffie- en teemaakgeriewe, direkte telefoonlyne, satelliet-TV, muurgemonteerde verwarmers en elektriese komberse. Rook is verbode in al die kamers.

Elke oggend bedien ons 'n volledige Engelse ontbyt en daarna 'n ligte middagete. Saans het die restaurant 'n "table d'hote"-spyskaart wat daagliks verander. Ons kroeg het 'n uitstekende atmosfeer en bied 'n wye verskeidenheid alkoholiese en nie-alkoholiese drankies.

The Manderson is 'n gewilde venue vir konferensies, opleidingsessies, voorleggings en produk-bekendstellings. Ons Amahlathi-konferensiekamer het plek vir 90 afgevaardigdes en die Amatola-konferensiekamer het plek vir 50. Die sakekamer het plek vir 20 mense en dis 'n ekstra bietjie luukse. Al 3 venues is spesifiek ontwerp en gebou vir konferensie-doeleindes. Daar is konferensietoerusting beskikbaar insluitend 'n digitale dataprojektor met 'n goeie klankstelsel, blaaikaarte, 'n oorhoofse projektor, ekstra kragpunte, fluoor-beligting en muurbeligting, 'n telefoon, WiFi, dames- en mans-toilette en administratiewe ondersteuning wat e-pos, internet, faks, kopieër en sekretariële dienste insluit.

Daar is ook 'n swembad, vlugbalbaan en speelgrond vir kinders. Doendinge in die omgewing sluit woudwandelinge, voëlkyk, bergfietsry, perdry en rotsklim in. Daar is baie geskiedkundige- en erfenisgebiede in die omgewing en vir gholfliefhebbers is daar die Stutterheim Country Club wat as een van die land se beste landelike gholfbane bekendstaan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 7 resensies vir The Manderson Hotel & Conference Centre
Netheid
3.6/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Dina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Jaar gelys 14

Ligging

  • Elizabethstraat, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Manderson Hotel & Conference Centre het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 298
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 298
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabethstraat, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM2ZmMxMWU0LTgyODAtNGEyZS1hMDVkLTEyNjgwMDU2YzVlMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 298 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 Elizabeth Street Stutterheim 4930 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.54731963024 27.380375862122
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem