The Manor House Franschhoek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Manor House Franschhoek is 'n selfsorghuis op 'n privaatplaas. Die verblyf is ideaal vir oordeelkundige gaste wat op soek is na 'n gerieflike bestemming vanwaar hulle die geskiedkundige dorp se besienswaardighede kan verken.

Die huis is elegant versier en op 'n damwal geleë. Daar is 3 luukse slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer het. Die hoofslaapkamer is ruim en het 'n koninggrootte-bed en 'n groot en suite-badkamer met 'n losstaande bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n groot en suite-badkamer wat na 'n privaat terras lei. Die derde slaapkamer is die kleinste en het 'n dubbelbed en en 'n en suite-badkamer het 'n stort. Hierdie kamer lei na die hoofterras.

Die ruim kombuis is goed toegerus met alles wat jy benodig om jou eie etes voor te berei en die sitarea spog met 'n rolprent-teaterskerm wat van die plafon af na die vloer toe strek. Daar is ook 'n reuse biblioteek van DVD's om te kyk. Die ruim, sonnige sitarea lei na die terras buite wat oor die dam uitkyk.

Daar is 'n groot gesinskamer met 'n TV en 'n biljarttafel. Die huis het 'n terras wat gedeeltelik om die huis strek met braaigeriewe en 'n gevulde eerlikheidskroegie vir gaste. Daar is 'n swembad en 'n roeibootjie vir 2 om op die dam te gebruik.

The Manor House Franschhoek is 'n entjie se ry van talle wynproeplekke en -landgoedere af en is 35 tot 40 minute se ry van Stellenbosch en ander besienswaardighede in die Kaapse Wynlande af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Manor House Franschhoek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R13 999 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za