The Manson's Ridge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Manson's Ridge bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde tweeslaapkamerwoonstel. Die woonstel is in die San Ridge Heights-woonstelkompleks in Midrand, Johannesburg. Die kompleks is gerieflik geleë tussen die sakekerns van Johannesburg en Pretoria en bied toegang tot die N1 Ben Schoeman Hoofweg.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kamer het 'n dubbelbed en daar is 'n slaapbank in die leefarea. Een van die badkamers het 'n bad en 'n toilet, en die ander badkamer het 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n ontbyttoonbank. Daar is ook 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer lei na 'n balkon.

Die woonstel is in 'n sekuriteitskompleks en bied onderdakparkeerplek. Daar is ook 'n gemeenskaplike speelarea vir kinders. Die Gallagher Convention Centre is 4,6 km vanaf die woonstel en die Midrand Conference Centre is 5,7 km weg. O.R. Tambo Internasionale Lughawe is 37,6 km weg. Daar is verskeie winkelsentrums in die omgewing soos Midway Mews, Carlswald Lifestyle Centre en die Mall of Africa.

Slaapplek

'n Bespreking by The Manson's Ridge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Kroegyskas

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Manson's Ridge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 5 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za