The Napier Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Napier Country Lodge is 'n geskiedkundige gebou wat dateer uit die 1800's. Dit is in die hartjie van die Overberg in die pragtige klein dorpie Napier geleë.

Die hotel bied gerieflike akkommodasie wat ideaal is vir 2 nagte se verblyf, vakansiegangers of sakereisigers. Die hotel beskik oor 3 dubbelkamers (2 met koningingrootte-beddens en die 1 het 2 enkelbeddens) en 2 kamers met 2 enkelbeddens elk. Elke kamer is ingerig met koffie- en teemaakgeriewe en 'n handwasbak. Die dubbelkamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en toilet en die kamers met 2 enkelbeddens deel 'n badkamer aan die einde van die gang.

Die hotel bied veilige parkeerplek, 'n volledig gelisensieerde kroeg en 'n sitkamer met 'n grootskerm-TV en volledige DStv. Kos word nie voorsien nie, maar daar is verskeie goeie restaurante stapafstand van die lodge af waar gaste maaltye kan geniet en die plaaslikes kan ontmoet.

Die Napier Country Lodge is die perfekte plek om te gebruik as basis vir daguitstappies na Struisbaai, Agulhas wat die suidelikste punt van Afrika is, Waenhuiskrans/Arniston, Hermanus, Kleinbaai wat die haaihokduik-hoofstad van die wêreld is, en Gansbaai vir al die walvisse.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Napier Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za