The Nest B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons bied jou 'n hartlike verwelkoming by ons aanloklike en pragtige huis in Gonubie. Gonubie is 'n vakansie-oord wat al hoe meer gewild raak en dit is slegs 15 minute vanaf Oos-Londen se middestad.

The Nest B&B in Gonubie is die ideale plekke waar jy kan ontspan en jou batterye herlaai. Laat die rustige atmosfeer en ongerepte natuurskoon jou verfris en verkwik.

Die enigste ding wat die prag van Gonubie troef is die hartlikheid van die mense. Daar is ook 'n oneindige verskeidenheid opsies beskikbaar vir besoekers, toeriste en sakereisigers. Dit sluit in: son, see, strande, riviere en damme. Hier is geskiedenis, anti-apartheid-helde, kultuur en kuns. Bo en behalwe dit is daar ook avontuur, sport, vermaak, kookkuns en wild. As jy daaraan kan dink, dan het ons dit!

Ons bied bekostigbare 3-ster-verblyf in 'n luukse B&B, maar daar is ook 'n selfsorg-opsie.

Weggesteek in die pragtige boomryke tuin is The Nest net 4 minute se ry vanaf die hoof-Blouvlagstrand en gewilde plankpaadjie. Al ons kamers het privaat ingange en is smaakvol versier. Die kamers is ingerig met plafonwaaiers, verwarmers, TV's, DStv in die B&B-kamers, wekker-radio's, haardroërs en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is yskassies in al die kamers en veilige parkeerplek van die straat af is beskikbaar.

'n Stewige Engelse ontbyt word in die eetkamer bedien, of in die grasdak-lapa met onderdak-braaigeriewe, of langs die swembad of op die dek van die selfsorg-eenheid. Heerlike aandetes kan voorsien word op versoek.

Daguitstappies na verskeie interessante plekke kan maklik gereël word. Dit sluit in: wildritte, voetslaanpaaie en besoeke aan die kultuurdorpies. Die 9-putjie gholfbaan is ook slegs 'n klipgooi ver of jy kan tuis bly en kyk hoe die walvisse en dolfyne in die see baljaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Nest B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za