LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Nightjar | LekkeSlaap
+41

The Nightjar

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Buffelsweg 914, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

The Nightjar is in die pragtige Pringlebaai en het 'n ruim oopplanleefarea en elke spasie lei na sy eie groot dek of balkon wat 'n uitsig oor die digte inheemse tuin en op die ongelooflike Kogelbergreeks bied.

Dié huis is in 2 dele verdeel. Aan die een kant is die oopplan-leefarea, die kombuis wat met 'n oond, stoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser toegerus is. Daar is ook 'n aparte waskamer. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het gemaklike banke. Daar is 'n aparte badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Dit is alles op die onderste verdieping. Op die boonste verdieping is die hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en genoeg spasie vir 'n ekstra enkelbed indien nodig.

Die tweede gedeelte net bo die dubbelmotorhuis het 'n tweede slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n oopplan-TV-kamer met ll L-vormige bank en 'n platskerm-TV teen die muur met 'n DVD-speler en 'n USB-koppelpunt. Die bank kan in 'n bed vir 2 kinders omskep word. Gratis WiFi word voorsien. Daar is ook 'n lessenaar. Die gedeelte het 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die afgesonderde tuin het 2 beskutte braai-areas en 'n vuurput. Daar is oorgenoeg spasie vir kinders om te speel en die tuin is vol inheemse plante wat 'n tuiste is vir voëls, vlinders en ander wild.

Daar is 'n dubbelmotorhuis en troeteldiere word toegelaat mits dit vooraf gereël word. Let asb. dat die huis 'n oop trap het en dat die perseel nie omhein is nie. Klein kinders en troeteldiere is welkom maar op gaste se eie risiko.

Rook in die huis is streng verbode.

Slaapplek

’n Bespreking by The Nightjar sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 6 persone
1 xDubbelbed
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Buffelsweg 914, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 600
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R2 600
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Buffelsweg 914, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArZpWEzpxlkHqFs8xfpGWzq6QEbgNAjmXt7kOzT6lM0oBmGbPTY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 600  per nag (vir 7 persone) 914 Buffels Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 12:00 -34.342464309148 18.839148790942
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!