LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Nook | LekkeSlaap
+29

The Nook

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 208 Main Pad, , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 200 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

The Nook is in Eastcliff, Hermanus, geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n lieflike, grasdak-villa vir 'n familie op 'n groot seekant-erf wat uit 1928 dateer. Dis 1 van slegs 4 eiendomme met direkte toegang tot 'n semi-privaat getypoel.

Dié familie-villa het 6 slaapkamers en 4 badkamers en is ideaal vir familiesaamtrekke. Die huis het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea met 'n TV-kamer en kroeg op die boonste verdieping wat na 'n balkon lei. Daar is ook 'n groot bedekte onthaalarea met lieflike see-uitsigte buite. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping geleë en het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers is in die westelike vleuel geleë en het albei ook 'n koninggrootte-bed en deure wat lei na 'n stoep met 'n see-uitsig. Dié kamers deel 'n badkamer. Die vierde, vyfde en sesde slaapkamers is in die noordelike vleuel geleë. Die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Die vyfde kamer het 'n koninggrootte- óf 2 enkelbeddens met toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Die laaste kamer bevat 2 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n bad.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, yskas en basiese skoonmaakmiddels. Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die huis bied ook sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, 'n CD-speler, radio, klavier, kaggel, boeke en speletjies en ons voorsien basiese toiletware. Daar is 'n sit- en eetarea buite met braaigeriewe en daar is ook 'n groot privaat tuin en parkeerplek.

Slaapplek

’n Bespreking by The Nook sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • 208 Main Pad, , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 200
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 200
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 208 Main Pad, , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyODJkMTFjLWNkYTYtNDg5NS05MzMzLTk4Y2I1YjQ2ZGQ0Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 200  per nag (plek vir 10) 208 Main Road Eastcliff 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.413013359908 19.250016041664
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!