The Odyssey

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Odyssey is 'n woonstel wat ideaal geleë is met direkte toegang tot Kaapstad se sakekern en die Waterfront. Hierdie stylvolle en moderne eenslaapkamerwoonstel het net die beste toebehore, is keurig afgerond en het uitstekende 24 uur-sekuriteit en 'n permanente opsigter.

Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, genoeg pakplek en 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, wasbak en toilet. Die ruim sitkamer is ingerig met 'n Samsung platskerm-TV en volledige DStv en stylvolle eetkamertafel van glas met 4 moderne stoele. Die kombuis is volledig toegerus met ingeboude kaste, 'n wasmasjien (nuutste Eco-wash), tuimeldroër, oond en stoof, mikrogolfoond en yskas met vrieskas.

Die woonstel het hoë-spoed internet met voorafbetaalde data. Daar is 1 parkeerplek binne die gebou en sekuriteit met 'n 24 uur-opsigter. Die woonstel word skoongemaak voor en na vertrek, en een keer per week gedurende verblyf (skoon wasgoed en linne elke week). Addisionele skoonmaakdienste is op versoek beskikbaar.

Die woonstel is in die stil agterste hoek van die woonstelblok met 'n berguitsig by die skuifdeur. Dit bied 'n pragtige dakterras met gemeenskaplike swembad, dek en braai, mooi uitsigte op die berg en 'n effense see-uitsig.

Die nuwe stedelike park, stadion, strande, restaurante en koffiewinkels is op jou voorstoep. Die swembad, dek, braaigeriewe en jou eie eksklusiewe woonstel sorg vir die perfekte onthaalplek om die lewe voluit te geniet. Let asb. dat die woonstel ook vir korttermyn, maandelikse vakansie huur beskikbaar is.

Slaapplek

'n Bespreking by The Odyssey sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Odyssey gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za