The Old Mill

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Old Mill is 'n pragtig gerestoureerde huis in die hartjie van Chelsea Village. Die huis is opgeknap deur 'n Italiaanse gesin wat noukeurig aandag gegee het aan die fynere detail, soos die klankstelsel wat regdeur die huis speel (binne en buite), die pragtige skuifraamvensters, oorspronklike kunswerk en iPod-koppelstasies in elke kamer.

Die ruim, formele sitkamer het 'n kaggel en lei na die terras buite. Musiek stroom by hierdie vertrek in, die kontroles is in die informele TV-kamer. Daar is oorspronklike kunswerk op die mure en die TV-kamer beskik oor al die tegnologiese apparaat. Die eetkamer het sitplek vir 6 gaste en beskik oor 'n kaggel. Die terras buite het 'n eetarea en 'n sitarea. In die tuin is daar 4 sonstoele. Die kombuis het 'n bekoorlike, ongekunstelde styl en beskik oor Bosch-toebehore. Die skottelgoedwasser, oond, stoof, mikrogolfoond en gasstoof is almal Bosch. Dan is daar ook 'n Nespresso-koffiemasjien. Die wasarea is buite en 'n wasmasjien en tuimeldroër word voorsien.

Die huis het 3 dubbelslaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer wat lei na die terras buite. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat saamgeskuif is en 'n en suite-badkamer wat ook na die terras lei. Die derde slaapkamer is 'n buitekamer, met 2 enkelbeddens wat saamgeskuif is en 'n en suite-badkamer. Die huis word twee keer 'n week skoongemaak en daar word omgesien na die swembad en die tuin. Daar is oorgenoeg swemhanddoeke vir gaste se gebruik.

Die Maynardville-opelugteater is nabygeleë, dit is Kaapstad se enigste opelugteater en elke jaar gedurende die somermaande word 'n Shakespeare-produksie by hierdie unieke teater opgevoer. Maynardville is nie net 'n teater nie. Dit is ook 'n park met grasperke en bome en dit bied 'n lekker openbare plek waar mense kan ontspan. Die tuin en dammetjie lok eende en voëls en alhoewel daar 'n bietjie geraas van verkeer is, is dit normaalweg vreedsaam en die ideale plek vir 'n piekniek gedurende warm somersaande.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Old Mill gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za