The Old Police Station

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Old Police Station is in Jeffreysbaai se middedorp of sogenaamde "Oudorp" geleë. Dit is langs InFood Bakkery en Deli, stapafstand vanaf Dolfynstrand en naby winkels, kroeë, restaurante en banke.

Verblyf word gebied in 4 eenhede, Sergeant's House, Charge Office, The Old Police Cells en Constable's Room.

Sergeant's House het 3 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer, dubbelbed in die tweede slaapkamer en 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Die badkamer het 'n bad en stort. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas en ysmasjien. Die eenheid bied 'n gesellige eet- en sitarea en daar is 'n TV met DStv. Daar is ook 'n beskutte patio met 'n tafel en 6 stoele. Opwaskamer is ook beskikbaar met 'n wasmasjien, tuimeldroër en strykgeriewe. 'n Enkeltoesluitmotorhuis is beskikbaar vir parkeerplek.

Constable's Room is 'n ateljee-woonstel met 'n groot oopplan-area, dubbelbed, en 'n volledig toegeruste kombuisie met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof met oond en wasmasjien. TV met DStv. Die en suite-badkamer het 'n bad en stort. 'n Enkeltoesluitmotorhuis is beskikbaar vir parkeerplek.

Charge Office het 'n sitkamer met 'n TV en DStv, 'n eetkamer met 2 enkelbeddens, 'n groot hoofslaapkamer met 'n dubbelbed, 'n badkamer en 'n toilet, 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, wasmasjien en onderdakparkeerplek. Charge Office het slaapplek vir 4 gaste op 'n selfsorgbasis.

Old Police Cells het slaapplek vir 4 gaste en daar is 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, 2 slaapkamers (1 dubbelbed en 2 enkelbeddens), 'n TV met DStv in elke slaapkamer, 'n badkamer met 'n stort en onderdakparkeerplek.

The Old Police Station bied eenvoudige, gerieflike en bekostigbare verblyf en word plaaslik bestuur.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Old Police Station gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za