Olive Sunbird

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Olive Sunbird is 'n luukse vesting met 3 slaapkamers in Selborne Park Gholflandgoed aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Die woonstel het 'n privaat, gemeubileerde stoep met ingeboude braai, en kyk uit oor die tuin en gholfbaan daaragter. Die toesluitbare motorhuise is by die agterste ingang geleë.

Die oopplan sitkamer is gemaklik gemeubileer met 'n bank en 2 leunstoele. Die platskerm-TV het 'n vol DStv-boeket. Die eetkamertafel bied sitplek vir 8. Die sitkamer/eetkamer loop op die stoep en tuin uit.

Aan moderne toebehore skiet die volledig toegeruste kombuis nie tekort nie. Die kombuis het 'n oond/stoof, yskas/vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, skottelgoedwasser én genoeg marmertoonbanke om kosmaak 'n reuse plesier te maak.

Die hoofslaapkamer is versier in wit en sagte bloue en valerige bruine. Daar is genoeg rakspasie en 'n ruim en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers, wat 1 badkamer deel, is versier in wit met onderskeidelik ryk groene en bruine.

Hierdie manjifieke huis kan 6 gaste op 6 enkelbeddens akkommodeer.

Slaapplek

'n Bespreking by Olive Sunbird sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Olive Sunbird gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za