The Olive Woodpecker Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

The Olive Woodpecker Cottage is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel op die Helderberg-landgoed, 'n buurt in Somerset-Wes teen die middelste hang van die Helderberg met uitsigte oor Strand en Valsbaai. Jy het maklike toegang tot die N2-hoofweg na Kaapstad en die R44 na Stellenbosch van hier af.

The Olive Woodpecker Cottage is vernoem na die voël wat gereeld in woude van die Kaap voorkom. Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die ekstra slaapkamer het 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer. Dit het ook sy eie ingang en dis geskik vir 'n vierde gas. Let asb. op dat dié kamer nie verbind is aan die kothuis nie.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die kothuis het 'n pragtige binnehof met 'n fontein, braaiplek en 'n tafel en stoele onder 'n kolonnade en hoë silwereik- en moerbeibome. Gaste kan die Thai Sabai Day Spa-Skin Clinic, Art Creations South African of die Suid-Afrikaanse Slagveldtoere besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by The Olive Woodpecker Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Olive Woodpecker Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R680 per nag (vir 4 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za