The Palms Boutique Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Palms Boutique Hotel is die eerste Halaal-boetiekhotel en dit is in Lydenburg geleë.

Die akkommodasie beskik oor 1 kamer met 2 driekwartbeddens, 2 kamers met 'n dubbelbed in elk en 'n gesinskamer met 2 dubbelbeddens. Dié kamer is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is geriewe soos lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe in die kamers.

Ontbyt is ingesluit by die tariewe en voorbereide middagetes en aandetes is op versoek beskikbaar teen 'n ekstra koste. Daar is ook 'n koffiewinkel op die perseel. Daar is ander geriewe soos veilige parkeerplek van die straat af, 'n wasgoeddiens, huurmotordiens en gratis WiFi op die perseel.

Die konferensiekamer bied plek vir 10 afgevaardigdes en het 'n kalm en aangename sitplan. Dit kan gebruik word vir enige tipe besigheid of selfs privaat vergaderings en konferensies. Peuselhappies of 'n skinkbord met eetgoed kan op versoek gereël word. Ons het ook 'n Ancient Health Care Therapy Facility by die hotel, wat in alle vorme van bloedlating en massering spesialiseer.

Een van die groot besienswaardighede in die area is die Lydenburg Waterval en dit bestaan uit 3 asemrowende watervalle. Dit word beskou as een van die mees skouspelagtige watervalle in Mpumalanga en dit is beslis die moeite werd om te sien. Twee van die valle is langs mekaar en stort in 'n diep poel in wat die derde waterval voed. Dit is betowerend om te sien en daar is elke dag toue mense wat daarna wil kyk. Daar is ander besienswaardighede soos historiese gedenktekens, natuurreservate en ander uitstekende dinge om te sien in Lydenburg. Daar is selfs lekker weggesteekte visvangplekke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Palms Boutique Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za