The Palm's Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Palm's Place is 'n pragtige in die rustige dorpie Melkbosstrand aan die Kaapse Weskus - net sowat 500 m vanaf die strand. Melkbosstrand is ongeveer 25 minute se ry vanaf die stad en is die ideale plek vir 'n gesinsvakansie of vir vriende wat op soek is na 'n wegbreek.

Dié lig en sonnige woonstel is heeltemal apart van die hoofhuis, is op die derde verdieping geleë en word via 'n stel trappe bereik. Let asb. daarop dat hierdie trappe steil is en dus gevaarlik kan wees vir gaste met gestremdhede, klein kindertjies of bejaardes. Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, en 'n oopplan-leefarea. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is ’n slaapbank in die sitarea.

Die kombuis het basiese toebehore vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, breekware en eetgerei. Die woonstel het ’n groot, sonnige balkon. Let asb. daarop dat die woonstel nie braaigeriewe het nie, maar gaste is welkom om die gesin se braaigeriewe te gebruik indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by The Palm's Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Palm's Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za