LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Palms Relaxing Family Residence | LekkeSlaap
+39

The Palms Relaxing Family Residence

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vanaf 31 Mei 2021 tot 13 Aug 2021.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elbertha-weg 38, Die Boord, Stellenbosch, 7613, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 800 R2 520 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

The Palms Relaxing Family Residence is 'n gerieflike selfsorghuis vir 8 gaste in Die Boord, Stellenbosch.

Dié huis het 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Die hoofslaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n toilet. Twee van die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad en 'n toilet.

Die ruim kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is 'n etenstafel.

Die sitarea het 'n TV met internet-verbinding en lei na 'n onderdakstoep met 'n gasbraai en 'n uitsig oor die swembad. 'n Houtbraai is beskikbaar en hout en vuuraanstekers word voorsien.

Twee klein troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël is en die huis het ook 'n alarmstelsel. Daar is parkeerplek vir 2 voertuie in 'n motorhuis.

Palms Relaxing Family Residence is 3 km vanaf die middedorp wat 'n rits winkels en restaurante het. Gaste kan Dorpstraat verken, 'n Scootour doen, voetslaan in die Jonkershoek Natuurreservaat, gaan aarbeie pluk in seisoentyd by Mooiberge, die wynplase en wynlandgoedere verken of verskeie besienswaardighede soos die Stellenbosch Botaniese Tuin en die Giraffe House Wildlife Awareness Centre besoek.

Slaapplek

’n Bespreking by The Palms Relaxing Family Residence sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Elbertha-weg 38, Die Boord, Stellenbosch, 7613, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 800
Vanaf R2 520
per nag (vir 8 persone)
was R2 800
Vanaf R2 520
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elbertha-weg 38, Die Boord, Stellenbosch, 7613, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA812286994ea156added67689c96e58d8f05ba84e5c7069d282b242d46896b20d570f4863565711ad82df32cae92b22dee375?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 800, nou Vanaf R2 520  per nag (vir 8 persone) 38 Elbertha Road Die Boord 7613 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -33.94720795463 18.851660577455
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!