Die Pampoenpaleis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Pampoenpaleis is 'n 21 hektaar plasie, 32 km noordoos van Pretoria af. Dit is in die bekende Leeuwkloofvallei / Dinokeng-area. Pampoenpaleis bied gehalte-verblyf, ideaal vir 'n naweekwegbreek vir die hele gesin. By Pampoenpaleis kan jy die rus en vrede kom ervaar, hier waar die grondpad begin.

Die Pampoenpaleis-kothuis het 1 dubbelkamer met 'n koninggrootte-bed, elektriese kombers, 'n enkelbed, lugversorging, 'n TV en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer lei ook na die houtdek met 'n uitsig oor 'n pragtige tuintjie en die bos met Impala. Die kombuis is ten volle toegerus en het 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n puik dubbelslaapbank, 'n waaier, olieverwarmer, DStv, radio, DVD-speler, en lei na 'n hotdek en privaat boma in die tuin.

Net 'n klipgooi van die kothuis af is daar 'n gemeenskaplike lapa met 'n privaat, ingesonke Jacuzzi.

Die 2 dubbelkamers, Kwikstertjie en Suikerbekkie, deel 'n badkamer met slegs ’n stort met privaat toegang van albei kante. Albei deure het 'n meganisme wat aandui of die badkamer beset is of nie. Hierdie kamers het net waaiers en verwarmers, nie lugversorging nie. Die 2 kamers lei na 'n hotdek met 'n uitsig oor die bos en bied toegang tot die lapa.

Die Pampoenpaleis is 'n goeie plek om jou batterye te herlaai en die natuur te waardeer. Daar is baie roetes vir voetslaan en bergfietsry. Daar is 2 fietse op die perseel asook 'n speletjieskamer en 'n swembad vir die somer. Veilige parkeerplek is beskikbaar, en hout en ys word voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Die Pampoenpaleis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za