Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Place

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Place lê aan die einde van 'n privaat pad in 'n pragtige, afgeleë vallei in die ongerepte Klein-Karoo, tussen Ladismith en Riversdal.

Verblyf word in 2 selfsorgkothuise gebied en albei is heeltemal privaat en losstaande, ver van die hoofhuis en van mekaar af. Elke eenheid het sy eie plonspoel op die stoep. Goedgemanierde troeteldiere is welkom op versoek. Slegs The Studio het WiFi.

The Studio het pragtige uitsigte oor die Touwsriviervallei en op die omliggende berge. Die eenheid het warm water, elektrisiteit, beperkte, gratis WiFi, 'n Bluetooth-luidspreker en selfoonsein. Dié ruim semi-oopplan-area het ’n slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n verhewe sitarea en 'n oopplan-leef- en eetarea met 'n oop kaggel. Daar is dagbeddens in die leefarea vir 2 volwassenes of kinders en die twee kleiner rusbanke is geskik vir jong kinders. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet. Stoepdeure lei na 2 privaat sitareas in die skadu, 'n plonspoel en 'n braai-area met 'n uitsig. Daar is nog 'n skadu-binnehof met sitplek, 'n uitsig en 'n hangmat. Gaste kan 'n heerlike, gesonde ontbyt bestel indien beskikbaar.

Die Red Rock Cottage skuil aan die voet van 'n pragtige rooisandsteenrif. Dié omgewing is beskut en stil, en spog met 'n pragtige uitsig oor die akasiabome, die Klein-Karookoppies en die veld. Die kothuis het 2 ruim slaapkamers. Elke slaapkamer het 'n aparte ingang en 'n privaat, moderne en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n slaapbank in elke kamer wat ook as 'n enkelbed ingespan kan word vir kinders of volwassenes. Die eerste slaapkamer het ook ’n kaggel en privaat stoepie met sitplek.

Die oopplan-leefarea beskik oor ’n kombuis met ’n gasstoof, ’n yskas en oorgenoeg stoorplek. Die glasstoepdeure in die eetarea lei na ’n buite-leefarea. Die rusbanke in die leefarea kan ook as slaapplek vir die kleinspan dien. Die losstaande kaggel waarborg warm, knus winteraande en die stoepdeure lei na ’n privaat braaiplek met sitplek buite, 'n plonspoel en braaigeriewe.

Gaste kan enige tyd van die bekende, varsgebakte olyf- en roosmarynbrood bestel. Die area is perfek om met 'n bergfiets te verken, so gaste kan gerus hulle eie fietse saambring. Gaan verken gerus die bekoorlike valleie, droë rivierbeddings, fossiele en die vreemde vetplante wat dié omgewing só uniek maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 62 resensies vir The Place
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ockertskraal-plaas, 30 km vanaf Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0J7cdoTCQldUbn3kULQ55EmiZKm9iyrxmHM8FAkssZt854smYj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 62 5 1 5 Ockertskraal Farm 30 km from Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.690025012052 21.140361777489