Saxonwold Akkommodasie by The Poppyseed | LekkeSlaap
+11
+11

The Poppyseed

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Englewold-rylaan 5, Saxonwold, Johannesburg, 2196, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Poppyseed is 'n selfsorgwoonstel in die boomryke voorstad, Saxonwold. Dié woonstel, wat op 'n lieflike plaaswerf op die tweede verdieping geleë is, kyk uit oor 'n pragtige tuin en word deur ou bome omring. Ons is naby luukse winkelsentrums, besienswaardighede en hoofroetes en slegs 'n paar blokke vanaf die Rosebank Gautreinstasie.

Dis net 'n entjie se stap vanaf 'n kunsgalery in Jan Smuts- en Keyeslaan, die dieretuinmeer en die Oorlogmonument.

Dis ook net 'n paar blokke van die Genesis Kliniek en Rosebank Netcare Hospitaal af en 'n entjie se ry vanaf die Milpark en Donald Gordon. Die Glenhove Konferensiesentrum en Wits Universiteit is minder as 10 minute ver. Dis ook naby Killamey, Parkview, Houghton en Wanderers se gholfbane.

Die ruim woonstel bied slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die ruim slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, met elektriese komberse, donsveer-duvets en perkallinne. Die luukse en suite-badkamer het 'n bad, stort en verhitte handdoekrelings. Daar is ondervloerse verhitting vir ysige winterdae en 'n plafonwaaier en lugversorging vir die somermaande.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n stoof, oond, yskas, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met DStv, DVD-speler en WiFi. Die leefarea se groot vensters kyk op die bome uit. Daar is ook 'n klein patio waarvandaan jy die Hoëveld se sonsondergange kan gadeslaan.

The Poppyseed het oorgenoeg parkeerplek agter outomatiese hekke en die woonstel word deur 'n sekuriteitstelsel beveilig. Daar is 'n braai-area met 'n Weber in die tuin. Die eiendom het 'n kragopwekker en watertenk.

Slaapplek

’n Bespreking by The Poppyseed sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 5 resensies vir The Poppyseed
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Englewold-rylaan 5, Saxonwold, Johannesburg, 2196, Gauteng
  • Gaste dink The Poppyseed het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Englewold-rylaan 5, Saxonwold, Johannesburg, 2196, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNiYzAyZWVjLTQ5YWYtNGI4ZC04ZTI1LWY0MGIwNmM0MzNjMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 5 Englewold Drive Saxonwold 2196 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.156406301432 28.0395
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za