Worcester Akkommodasie by The Prime Spot Self-Catering | LekkeSlaap
+30
+30

The Prime Spot Self-Catering

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 52 Chruch Straat, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Prime Spot Self-Catering is in Kerkstraat in die hartjie van Worcester se middedorp geleë. Dit is stapafstand van die restaurante, winkels en hospitale af. Gaste wat hier aanklop is gaande oor die atmosfeer in hierdie Victoriaanse gebou en die elegant gemeubileerde eenhede.

Kothuis is 'n pragtige, wit dubbelverdiepingkothuis met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, selfsorg-geriewe en en suite-badkamers. Die solder bied 'n oopplan-ruimte wat afgesonder is van die onderste vloer, en 'n aparte badkamer. Daar is 'n ekstra bed vir 'n kind en daar is ook genoeg plek vir 'n kampbedjie of 'n ekstra matras. Lugversorging en verwarming is beskikbaar en daar is 4 balkonne met uitsigte oor die tuin en die berge. Die tweede en suite-kamer is op die onderste vloer. Die mooi kroonkandelare en kaggel dra by tot die behaaglike atmosfeer in die oopplan-sitkamer met sy eetarea en TV met sekere DStv-kanale. Die kombuisie is toegerus met kook- en wasgeriewe. En 'n privaat ingang, braaigeriewe en parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Tuishuis is 'n Kaap-Hollandse kothuisie met 'n grasdak wat in die 1800's gebou is. Hierdie eenheid bied slaapplek vir 2 mense (op die meeste) in 1 en suite-slaapkamer met lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die Kaap-Hollandse meubels in die aparte sit-, eet- en kombuisarea het 'n moderne kinkel. Kook- en wasgeriewe is ook beskikbaar. Verder is daar 'n aparte ingang en parkeerplek op die perseel.

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir The Prime Spot Self-Catering
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • 52 Chruch Straat, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Prime Spot Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 52 Chruch Straat, Worcester, 6850, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI0YmM3ZjVmLWJjZGUtNGE3Ni05NWU4LTg0ZGFjNTcwOGVmZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 52 Chruch Street Worcester 6850 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.640602 19.44712
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za