The Rabbit Hole

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Rabbit Hole is in Hartbeespoort geleë en bied gehalte-akkommodasie wat ideaal is vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Dié huis is naby talle winkels, restaurante en die bekende Hartbeespoortdam met sy doendinge en besienswaardighede.

Die huis het 4 slaapkamers en bied slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, en die derde kamer het 'n stapelbed wat ideaal is vir kinders. Die vierde kamer (ander hoofslaapkamer) het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met alles wat jy benodig vir selfsorg. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Daar is 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste hul etes kan geniet.

The Rabbit Hole is omring deur die majestueuse Magaliesberge en is ideaal vir voëlkyk. Daar is ook 'n swembadjie, braaigeriewe en 'n boma wat gaste kan benut. Verder is daar 'n sandput vir kinders en 'n junglegym.

Gaste kan gerus troeteldiere saambring indien dit vooraf gereël word.

Dit is 6 km van die Hartbeespoortdam af en 1,9 km van die kabelspoor af. Dit is die ideale naweekwegbreek aangesien dit ook net 35 km vanaf Pretoria en 75 km vanaf Johannesburg is.

Slaapplek

'n Bespreking by The Rabbit Hole sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Slaapsaalbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Rabbit Hole gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]