The Red Barn Dullstroom
Kry 50% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Apr 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 18 Weimershoek, Boschhoekstraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R990R495 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Red Barn - The Stables bied privaat, rustige en troeteldiervriendelike verblyf met 'n uitsig oor die pragtige foreldamme en die Dullstroom-platteland.
Die verblyf by The Red Barn - The Stables word in 3 selfsorg-eenhede gebied. The Stables beskik oor 6 en suite-slaapkamers met 'n oopplan-kombuis en -leefarea met seildoeke wat oprol vir 'n uitsig oor die platteland. Al die kamers het kaggels en daar is binne- en buitebraai-areas by die eetarea. Al die kamers het ekstra komberse en warmwatersakke. Beddegoed, handdoeke, 1 krat hout en basiese voorraad word voorsien.
The Homestead beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefarea met 'n TV en 'n groot kaggel om die huis warm te hou in winter. The Homestead het ook 'n kuierarea met 'n braai, vuurput en 'n gaspizza-oond.
The Dairy-kothuis is die kleinste eenheid op die plaas en bied slaapplek aan 6 gaste in 3 en suite-slaapkamers. Die kothuis het 'n toegeruste kombuis, 'n leefarea met 'n kaggel. Daar is ook 'n vuurput en 2 stoepe.
Die krag word deur 'n hidro-stasie voorsien en is nie voldoende vir haardroërs nie. 'n Kragopwekker kan gereël word indie die hele plaas vir 'n funksie bespreek word. Onthou asseblief om vir warm en koue weer te pak.
The Red Barn - The Stables is 30 km buite Dullstroom. Geniet Dullstroom se plaas-atmosfeer op sy beste. Vang vis na hartelus by een van die 5 damme of staan op die oewer van die Dorpsrivier vir 'n bietjie kunsvlieghengel.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Televisie
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Claire Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Jaar gelys 10
Ligging
- Erfdeel 18 Weimershoek, Boschhoekstraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink The Red Barn Dullstroom het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 18 Weimershoek, Boschhoekstraat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom