Silver Lakes Akkommodasie by The Reserve Residence | LekkeSlaap
+65
+65

The Reserve Residence

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R2 250 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokstraat 1, Silver Lakes-landgoed, Pretoria, 0054, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Reserve Residence bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n versameling ikoniese en luukse woonstelle in die hartjie van die eksklusiewe en gesogte wildreservaat op die Silver Lakes Gholflandgoed in die ooste van Pretoria. Die moderne buitekante met groot vensters wat na noord front en skuifdeure vir natuurlike lig, maak dit die ideale woonstelle vir winter en somer.

Verblyf word in 8 luukse woonstelle gebied en dit bestaan uit 2 koningsuites met balkonne, 2 koningsuites met privaat terrasse, 2 koning-gesinssuites met balkonne en 2 koning-gesinssuites met tuinterrasse. Elke woonstel het 'n kombuis, eetkamer en 'n sitkamer met 'n HD TV. Die woonstelle front na noord en kyk oor 'n privaat tuin met groot bome en gemaklike meubels, of hulle het klein balkonne. Die woonstelle is ideaal vir gesinne of sakereisigers.

The Reserve Residence bied 'n groot en unieke swembad in 'n binnehof waar gaste om die skemerkelkiekroeg kan kuier en braai. Die moderne en klein swembad is ideaal vir gaste wat lengtes wil swem. Daar is ook lekker sonstoele, 'n gemaklike rusbank, stoele by die etenstafel of 'n kroegstoeltjie waar gaste kan ontspan. Gaste kan ook in die gemeenskaplike sitkamer met 'n knus kaggel ontspan. Daar is dienste soos knegte wat inkopies doen, skoonmaakdienste, wasgoeddienste, 'n portierdiens wat help om reisreëlings te tref, WiFi, 'n pendeldiens en ontbytkoepons.

Gaste het toegang tot oorgenoeg parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek en heining op die perseel met kameras. Die landgoed het 'n 18 putjie-gholfbaan, visvanggeleenthede, 2 tennisbane, muurbalbane, 'n swembad, fietsry-, wandel- en drafroetes op die landgoed en wildareas. Die klubhuis het 'n à la carte-restaurant, deli, intieme gholfkroeg en -sitkamer, 'n pro-winkel, oefenbof, speelarea vir die kinders en konferensiegeriewe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir The Reserve Residence
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Steenbokstraat 1, Silver Lakes-landgoed, Pretoria, 0054, Gauteng
  • Gaste dink The Reserve Residence het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 250
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 250
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 250
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Steenbokstraat 1, Silver Lakes-landgoed, Pretoria, 0054, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4qLqUMS5kIVq8r0Fhvbbxhy9Mja9mw6dEIew3K4OI9rlIAXton?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 250  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 1 Steenbok Street Silver Lakes Estate 0054 Gauteng 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.765074991791 28.37511440741
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za