The Richmond Café and Rooms

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Richmond Café and Rooms is 'n gastehuis met 'n kafee op die perseel in die hoofstraat van Richmond, 'n geskiedkundige dorpie in die Karoo in die Noord-Kaap.
(Ons tariewe is net vir verblyf.) The Cafe maak as van 07:00 af oop en maak voorsiening vir al jou etes, die rekening word apart gehef.)
Daar is veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar.
Ons bied verblyf in 4 gerieflike kamers.
Kamer 1 het slaapplek vir 5 gaste. Dit bestaan uit 2 slaapkamers 'n badkamer met 'n stort (die bad is agter 'n gordyn en daar is 'n oop kaggel wat uitkyk oor die skadu-stoep), DStv, privaat patio en ingang.
Kamer 2 het slaapplek vir 2 gaste. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, DStv, en 'n privaat patio en ingang.
Kamer 3 (word op die oomblik opgeknap)
Kamer 4 het slaapplek vir 2 mense. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort, en 'n privaat ingang deur die 'biblioteek' (geen TV).
Kamer 5 het slaapplek vir 4 gaste. Daar is slaapplek vir 2 mense in die sitarea en daar is 'n apart slaapkamer en 'n badkamer met 'n stort en bad. Verder is daar 'n privaat stoep en 'n ingang (geen TV).
Elke kamer word daagliks skoongemaak met 'n elektriese kombers, 'n waaier, donsveerduvets, haardroërs en koffie- en teemaakgeriewe. Troeteldiere is welkom teen R100 ekstra en indien dit vooraf gereël word.

Richmond is 'n geskiedkundige dorpie wat spog met pragtige Victoriaanse en Edwardiaanse gebou en staan ook bekend as die "boekedorp" omdat so baie bekende literêre geleenthede jaarliks hier gehou word. Dié dorp se ryk geskiedenis word pragtig vasgelê in die plaaslike museum. Die Modern Art Projects Gallery is beslis ook die moeite werd om te besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Troeteldiervriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere Indien Gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Troeteldiervriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Richmond Café And Rooms gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za