Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Sea Cottage

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 165 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Sea Cottage is wat die naam sê - die strand is reg op jou drumpel. Dié selfsorgkothuis is in 'n groot welige tuin, wat ook die tuiste van verskeie voëlsoorte en 'n paar duikertjies is.

The Sea Cottage bied slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n dubbelstort, asook lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n groot bad, toilet en 'n wasbak. Die sitarea het 2 slaapbanke.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof en oond. yskas-vrieskas en 'n mikrogolf. Die sitkamer het 'n TV met die volledige DStv-pakket. Daar is ook plafonwaaiers in al die kamers en linne en badhanddoeke word voorsien. The Sea Cottage is goed ingerig en beskik oor gasbraaigeriewe. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar.

'n Vinnige skoonmaakdiens van Maandae tot Vrydae word by die tarief ingesluit. Wasgoed kan ook op versoek van Maandae tot Vrydae teen 'n ekstra koste gedoen word. Die kothuis en tuin is heeltemal omhein. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar en 'n nagwag is elke aand aan diens.

Besoekers kan op die houtdek ontspan en uittuur oor die dolfyne en walvisse, of met die trappies afstap tot op die privaat strand en jou tone in die see doop of net heerlike lang wandelinge op die strand neem. Die kothuis se omgewing is stil en rustig, en in die aand sal die branders jou aan die slaap sus.

Slaapplek

’n Bespreking by The Sea Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Nagportier
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 27 resensies vir The Sea Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kusweg 21, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Sea Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 165
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 165
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Kusweg 21, Marina Beach, 4281, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e481c08e1b9ea66474ba6b06b830e059e5cf563d2f47d985a8a192482f89c1e83f91bfb8f579c74a5421486db1471b6203e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 165 per nag (plek vir 4) 27 5 1 5 21 Beach Road Marina Beach 4281 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -30.937936 30.3062194