Jacobsbaai Akkommodasie by The Sea House | LekkeSlaap
+18
+18

The Sea House

  • Vanaf R2 430 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bokkomdraaistraat 8, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Sea House is 'n selfsorg-vakansiehuis in Jacobsbaai in die Wes-Kaap. Dis perfek vir gaste op soek na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge aan die Weskus.

The Sea House bied verblyf in kamers met hul eie ingange wat volledig gemeubileer is. Die grondvloer bestaan uit 2 slaapkamers wat toegerus is met 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Die kombuis is ten volle toegerus om te bak en brou en beskik oor geriewe soos 'n yskas met vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n skottelgoedwasser, kooktoebehore en eetgerei en breekware.

Die eetarea het 'n houttafel en stoele vir 8 gaste. Daar is ook 'n oopplan-sitarea met gemaklike sitplek en 'n dag-bed, 'n platskerm-TV met volledige DStv en 'n DVD-speler, en 'n kaggel. Die eenheid het 'n stoep en see-uitsigte op 'n afstand.

Die 2 ruim solder-suites is op die boonste verdieping en het elk sy eie ingang. Hierdie suites het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed.

Hierdie solder-eenhede sluit 'n kombuisie met geriewe soos 'n yskassie en 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof en 'n ontbythoekie in. Elke suite het sy eie badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak, asook verhitte handdoekrelings.

Die eenhede kan apart bespreek word en gaste kan gerus gebruik maak van die braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie en The Sea House is naby verskeie doendinge en die strand, winkels, staproetes en visvang-geriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by The Sea House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 17 resensies vir The Sea House
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Bokkomdraaistraat 8, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Sea House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 430
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 430
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 430
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bokkomdraaistraat 8, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE0M2YxZmYxLTY0NTctNDcyMS1hMjUzLWNlZmQzYmE0ZDBiNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 430  per nag (plek vir 8) 17 5 1 5 8 Bokkomdraai Street Jacobsbaai 7395 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.970018191129 17.887126436874
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za