LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by @ The Sleeping Bao B&B | LekkeSlaap
+25

@ The Sleeping Bao B&B

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Howickweg 139, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Die Sleeping Bao B&B is sowat 8 jaar gelede in een van Pietermaritzburg se vernaamste voorstede gestig. Dié luukse B&B is minder as 5 minute vanaf die N2 tussen Johannesburg en Durban, maklik bereikbaar vanaf plaaslike geriewe, en sentraal tot al die vernaamste jaarlikse funksies wat in en om die stad plaasvind. Laasgenoemde sluit die Comrades-maraton, Duzi Kanoo-maraton, die Midmar Myl en die AmaShovashova Fietsresies in.

Die Sleeping Bao is ook 'n ideale basis vir gaste wat die Midlands Meander saam met talle ander besienswaardighede in die omgewing wil verken. Die Indiese Oseaan en Drakensberge is ook maklik van hier af bereikbaar.

Die Sleeping Bao is 'n mooi siersteengebou met hout-afwerkings en 'n geskiedenis wat oor 70 jare strek. Hoewel dit in 'n landelike omgewing geleë is, is dit net 3 minute vanaf die stadskern en 15 minute vanaf die Oribi Lughawe.

Die kamers is ten volle ingerig en bied uitsigte oor die tuine. Elke kamer het lugversorging of waaiers, en verhitting in die winter. Daar is ook koffie- en teemaakgeriewe en TV's.

Gaste mag van die swembad gebruik maak en braaigeriewe is langs die swembad beskikbaar.

Middagetes kan op aanvraag voorsien word. Dit word slegs met die varsste bestanddele voorberei en baie van die produkte kom direk uit ons tuin. Reëlings moet vooraf vir aandete getref word. Ons kan die spyskaart aanpas om enige dieetvoorkeure te pas.

Vervoer na en vanaf die Durban Internasionale-, en die Oribi-lughawe, kan gereël word, asook toere deur die Midlands Meander en omgewing. Gaste het elektroniese toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Wasgoeddienste is ook daagliks beskikbaar.

Daar is legio doendinge en besienswaardighede in die omtrek, soos die Liberty Midlands Mall, banke, winkels, tennis, gholf, muurbal, gimnasium, visvang, spa, verfbal, rolbal, kegelbal en die Victoria Contry Club.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 18 resensies vir @ The Sleeping Bao B&B
Netheid
4.3/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Howickweg 139, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink @ The Sleeping Bao B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Howickweg 139, Wembley, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFlMDExNzk3LTkzNmQtNDcxZC1hMWMwLWZlNDMwYmU4NmJhYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 139 Howick Road Wembley 3201 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-19:00 10:00 -29.591571821995 30.358802676201
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!