Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Springbok Lodge

Wildsplaas
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Nambiti Privaat Wildreservaat, D45, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Springbok Lodge is in die Nambiti Privaat Wildreservaat, op die hoofroete tussen Johannesburg en Durban in die hartjie van KwaZulu-Natal se slagveldroete geleë. Dié reservaat is 'n bewaringsarea met 11,000 hektaar ongerepte, malaria-vry bosveld en die tuiste van die Groot 5, luiperds, seekoeie en meer as 30 wildsoorte. Dis sowat 23 km vanaf Ladysmith se middedorp en 'n kort afstand vanaf die N3. Dit is net 3 en 'n half uur se ry vanaf Durban, 4 en 'n half uur se ry vanaf Johannesburg, en net 1 en 'n half uur se ry vanaf die sentrale Drakensberge. The Springbok Lodge bied rustige verblyf in 'n prentjiemooi area waar gaste lekker kan ontspan.

Verblyf beskik oor 13 standaardtente met slaapplek vir 2 gaste en 8 gesinstente met slaapplek vir 4 gaste. Elke standaardtent het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die gesinstente het elkeen 'n koninggrootte-bed en 2 enkelbeddens of 4 enkelbeddens. 'n Bababed is op versoek beskikbaar.

Elke tent het 'n binne-badkamer met 'n bad, 'n handstort, dubbelwasbak-eenheid, toilet, sowel as 'n buitestort en komplimentêre toiletware. Alle tente het lugversorging vir die warm somermaande en koue wintermaande. Daar is ook elektriese komberse wat gaste warm en knus kan hou. Elke tent het 'n trollie met komplimentêre sjerrie, 'n kluis en 'n haardroër.

Ontbyt, middagete en aandete is ingesluit en word in die eetkamer of op die dek by die hoofgebou bedien. Die lodge het ook 'n kroeg met voorraad, sitkamer, kuriowinkel, groot grasperk en kroukie, 2 klipswembaddens, klimraam vir kinders en moderne konferensiegeriewe. Daar is ook gratis WiFi in die lodge, sowel as in die tente.

Natuurliefhebbers sal mal wees oor die omgewing se biodiversiteit met doringbome op die uitgestrekte grasvelde wat die vlaktes van sentraal-Afrika naboots. Aktiwiteite by die lodge sluit wildritte, Groot 5-wandelsafari's, selfgeleide kampstaptogte en visvang in.

The Springbok Lodge is die toonbeeld van die perfekte safari-ervaring met pragtige tente, uitstekende diens, kos en wild. Dié lodge verseker 'n onvergeetlike ervaring.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Alle Etes Ingesluit

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 6 resensies vir The Springbok Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
3.5/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Wendy Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 7

Jaar gelys 12

Ligging

  • Nambiti Privaat Wildreservaat, D45, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Springbok Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R5 990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R5 990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Nambiti Privaat Wildreservaat, D45, Ladysmith, 3370, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAFZBmju7b0xjTu1gxueqPvnGu9PV4DfBjZ7ePcrLZ90VU9e8x9a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 990 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Nambiti Private Game Reserve D45 Road 3370 KwaZulu-Natal 021 201 8901 13:00-18:00 11:00 -28.506494390886 29.938705560977
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem