Porterville Akkommodasie by The Stable Porterville | LekkeSlaap
+15

The Stable Porterville

5 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 5 resensies vir The Stable Porterville
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5
Rana C - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rana C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasies.

Waarde vir geld. Netjies en ruim. Absoluut fantasties. Die sekuriteit (worshondjies) is die dierbaarheid van self. Al wat ek kan sê is well done Dean. Julle kan trots wees op jul plekkie.

Wilque H - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Wilque H
Saam met vriende

The Stable Porterville is 'n plat-op-die-aarde-gastehuis met 'n gevoel van veiligheid en in 'n pragtige omgewing naby die 22 Watervalle-roete geleë.

Ek beveel The Stable Porterville sterk aan. Ons het die 22 Watervalle-roete gaan stap wat om die draai van die gastehuis is. Die ligging waarin die gastehuis geleë is, is veilig met veilige parkering vir jou voertuig. Die geriewe is skoon en netjies.

The Stable Porterville's terugvoer

Baie Dankie vir die wonderlike resensie. Ons waardeer dit en sien uit om julle weer binnekort by ons te verwelkom.

The Stable Porterville
Marie D - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Marie D
Gesin met klein kinders

Voldoende verblyf vir 'n trouenaweek.

Die plusplunte: Die huis het lugreëlaars in beide kamers - ons sou nie die naweek met temperature bo 35 grade daarsonder kon oorleef nie. Die huis is bitter naby aan Laatson Funksielokaal - ideaal indien mens 'n troue daarbuite bywoon. Die huis is heel ruim en kan gemaklik 5 mense akkommodeer. Daar is luukse beddegoed en die huis is stylvol gemeubileer. Lekker leefarea met lekker oopplan-kombuis. Die eienaar/bestuur was baie vriendelik en maklik toegangbaar via sy selfoon. Die tuin is lekker privaat. Daar is 'n Jacuzzi (alhoewel mens R150 moet betaal om dit te benut per nag). Die Nadele: Die huis was nie mooi skoon nie en dit wou voorkom asof daar lanklaas behoorlik skoongemaak was. Die borde, glase, bekers, lepels, ens. was vetterig en ons moes alles eers weer was voordat ons dit kon gebruik. As mens kaalvoet op die vloer stap, voel jou voete vuil soos die stoflaag wat daarop lê. Daar was ook heelwat groterige stofvlokkies op die mooi en luukse duvet, wat nogals 'n teleurstelling was. Self in die badkamer se oppervlaktes en bo-op die toiletbak was dit duidelik stowwerig. Dit het die opgewondenheid van so mooi plekkie effens bederf. Die stort is 'n gesukkel. Mens moet die stort vol oopdraai voordat die water warm word (op instruksie van die eienaar/bestuurder) en dan is dit eweskielik te warm. Sodra jy die kraan dan probeer kouer draai, word dit binne sekondes yskoud. Die heen en weer gesukkel elke keer as mens (probeer) stort, maak dat mens skoon vergeet dat ons tans in 'n verskriklike droogte is. Dit sou baie gehelp het as daar 'n bad in die plek was of as die booster-pomp beter gewerk het vir die stort. Die parkering is nogals 'n uitdaging - veral as mens meer as een motor het. Die eienaars se boot, sleepwa en drie motors staan byna die hele werf vol, wat slegs 'n klein spasie los vir besoekers se motor(s). My skoonouers het die een aand ook kom oorslaap (waarvoor ons 'n addisionele R400 moes betaal) en dit omtrent 'n gesukkel om die motors rond te skuif sodat almal in en uit kon ry. Daar is nie DStv nie. Ons het die skottel gesien en gehoop dat ons die rugby kon kyk, maar dit was nie ingesluit nie. Daar was SABC asook 'n paar E-TV kanale. Die toiletrol se houer teen die muur is stukkend en die toiletrol het gereeld op die grond geval. Daar was slegs een muurprop in die slaapkamers wat beide die lugreëling en die bedlampies bedien het van elektrisiteit. So indien mens iets anders wou inprop, moes mens een van die twee items uitprop (of jou eie multiplug saamgebring het). Daar is 'n lastige (baie klein) trappie met 'n skerp teël net voordat mens by die badkamer inkom - ons almal het heeltyd ons voete teen dit geskraap/gestamp. Oor die algemeen het ons heel lekker gebly, ten spyte van die dinge hierbo genoem. Die plek het baie potensiaal en ek sal die plek aanbeveel, mits die eienaars/bestuurder aandag sal gee aan die bogenoemde. Ek hoop die eienaars/bestuurder sien al hierdie bogenoemde as opbouende kritiek.

The Stable Porterville's terugvoer

Good day Rudi,

Thank you for taking the time to write such thorough a review. Based on your own personal feedback during your stay to us, and when speaking to you and your family on departure, we are somewhat surprised by your low star ratings.

The Stable takes pride in ensuring our guest cottage is cleaned thoroughly just before and then again after each stay. To ensure our guests are happy, we also make sure to say hello and catch up with them during their stay to check they are comfortable.

Currently we do not list the Jacuzzi, due to severe drought conditions and this is always clearly explained to our guests. All cutlery and crockery get’s put through a high heat dishwasher after any guests, to avoid disease risk. We agree that cleanliness is important which is why this is on our check list of actions performed after every guest’s stay.

We have a sensitive hot/cold shower which is why we demonstrate it to our guests. The temperature is easily adjustable from side to side and yes, it is instant heat as it works from a gas geyser. We agree with the booster pump, and that is why we have 1 installed. You will find that our shower gives stunning pressure, with instant heat that is easily controlled.

Only a maximum of 4 guests are accommodated and therefor we provide space for 2 cars only. It is under cover and inside the automatic gates for your vehicles safety and comfort. With regards to the R 400.00 additional charge for the 2 additional guests, it was discussed and confirmed before your booking so you were aware of this prior. It is also our standard advertised rates as seen on this site and our website.

With regards to the DStv, we do not advertise this facility at all. The satellite you are referring to is for our remote internet, that provides the free Wi-Fi. Also note that there is a plug point right next to the bed, another set across the room as well as an multi adapter in the room drawers.

We do regret that you did not use that opportunity to tell us about any issues you felt you had, and with that giving us the chance so that we could give you the 5-star stay you deserve, and that we strive for.

Once again, thank you for your review, and we look forward to having you come stay again soon.

The Stable Porterville
Mark R - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mark R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ek en my vrou het die verblyf terdeë geniet. soos 'n "Royal" paartjie.

Met aankoms het ons sommer tuis gevoel op die manier hoe dat ons verwelkom was. Die verblyf was baie rustig. Pragtige fotos geneem van die natuur. Alles wat ons nodig gehad het vir 'n lekker rustig tyd was teenwoordig in ons akkommodasie. Kan nie wag om weer terug te keer vir 'n lekker vakansie by "The Stable".

The Stable Porterville's terugvoer

Baie Dankie vir die wonderlike resensie. Ons waarduur dit en sien uit om julle weer binnekort by ons te verwelkom.

The Stable Porterville
Jp D - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jp D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en ruim vir die prys.

Perfek geleë vir gaste van troues by Laatson Onthale. Asook ver genoeg van middedorp se moontlike geraas. Die eienaar van die verblyf het ook onlangs ‘n plaasmark buite die dorp begin wat Saterdae plaasvind. Aktiwiteite vir die hele gesin. Neem die tyd om te besoek!

The Stable Porterville's terugvoer

Good day JP,

Thank you for that awesome review, we appreciate it.

Looking forward to having you stay with us again in the future.

The Stable Porterville
Vanaf R1 850
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R1 850
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R1 850
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Frankstraat 17, Porterville, 6810, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgzZTYwNWU0LTI1NDMtNDRkNy05ZWFhLWZhZTVjMTkxZTVlYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 850  per nag (vir 7 persone) 5 5 1 5 17 Frank Street Porterville 6810 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.004575445054 18.997969467929
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za