LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Stables Guesthouse | LekkeSlaap
+9

The Stables Guesthouse

13 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

3.5 uit 5van 13 resensies vir The Stables Guesthouse
Netheid
3.2/5
Diens
3.4/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
3.5/5
Waarde vir geld
3.2/5
Riana B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
1/5
Riana B
Gesin met tieners

Die binnehof is ruim, mooi plek het baie potensiaal, maar word nie in stand gehou nie.

Lugversorging werk nie, badkamerdeur stukkend, stort het nie deur nie. DStv-dekodeerder, maar geen TV. Koffie en suiker wel voorsien, maar geen ketel. Buitedeur sluit nie behoorlik nie. Rook is verbode, maar alles ruik na rook. Ander kamer se blindings is uitgewerk, toilet werk nie behoorlik nie, bad is gevlek en afgedop, stort weereens nie deur nie. DStv en TV, maar DStv werk nie. Badkamerarea stink as toilet spoel. Jammer dat die instandhouding nie gehandhaaf word nie. Dit kan 'n baie nice plek wees.

Annelene T - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelene T
Enkelreisiger

Gasvry en baie netjies.

Heerlik gebly en baie lekker warm geslaap in die koue winternagte van Middelburg, Oos-Kaap.

Adele B - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Adele B
Gesin met tieners

Pateties. Geen ruite in badkamer en geen gordyne voor vensters.

Ons het geboek vir 4 en hulle het reggemaak vir 2. Die kamer wat ons gekry het, het nie 'n ruit in die badkamervenster gehad nie - die koue wind waai daarin. En dit is winter. Een bed is besig om om te val. Ketel werk nie behoorlik nie. TV het glad nie gewerk nie. Stort het geen deur of gordyn gehad nie. Slegs 1 braai was daar wat reeds gebruik was, so ons kon nie dit gebruik het nie. Daar was geen borde of eetgerei om wel by braaigeriewe te gebruik nie.

Elise C - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Elise C

Nie aanbeveel nie, selfs nie vir oornagverblyf nie.

Voorafbetaalde elektrisiteit is vroeg in die oggend klaar, en die plek is baie koud. Parkeer nie op eiendom nie en jy parkeer steeds elders op eie risiko. Geen TV in die kamer nie. Die stort het geen glas of deur gehad nie, so die water het die hele badkamer vol gespuit. Beslis nie waarde vir geld nie. Die kraan in die 1 kamer loop heeltyd en die bad is baie lelik gevlek. Die bestuurder kon nie bereik word toe ons wou bespreek nie, aangesien ons sukkel om die plek waar die motors geparkeer is, oop te maak. Water vir die ketel en die skoonmaak van koppies moet in die badkamer gekry word. Hierdie plek kwalifiseer eintlik net as 'n lodge vir rugsakreisigers.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Not recommended, even for overnight stay.

Prepaid electricity finished early hours of the morning leaving the place extremely cold. Parking not on property and still you park elsewhere at own risk. No TV in room. Shower had no glass or door around it, leaving the water to spray the entire bathroom. Definitely not value for money. The tap in the 1 room runs all the time and the bath is stained very ugly. The person in charge could not be reached when we wanted to book out as we were struggling to open the place where the cars were parked. Water for the kettle and the cleaning of cups must be taken out of the bathroom. This place actually only qualifies as a backpackers lodge.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Good day
This guest was extremely rude towards my staff. The garage was shown to the guest, because she said she they will come in during the early hours of the morning. The electrical supply was cut off for the entire town, because ESKOM was busy with maintenance work. All the rooms the guests booked had TVs. I think the guest expected a 5-star accommodation in a small town.
Regards,
Johann

The Stables Guesthouse
Vanessa B - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Vanessa B
Enkelreisiger

Kamer was baie koud en geyser nie gewerk koue stort gehad die volgende oggend.

Kos was heerlik. Kamer was koud. Geen warm water vir stort.

Margaret M - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Margaret M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Comfortable.

We were made to feel very welcome. Very comfortable and a good place to stop over.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Baie dankie,
Hoop om julle weer te verwelkom.

Groete
Johann

The Stables Guesthouse
Leon B - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Leon B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Slegs 'n slaapplek.

Kamer was nie skoon, vloer baie stowwerig, stort spuit water oor toilet en vloer van badkamer (lekasie by stortkop) geen toiletrolhouer, seephouer, wasbakprop of handdoekhouer in badkamer. Deurslot van kamer los.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Baie dankie.
Jammer vir ongerief, ons is net 'n oornag slaapplek. Ons bied oornag slaapplek vir die moë reisiger.
Groete
Johann

The Stables Guesthouse
Andre D - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Behulpsaam.

Ons het ons verblyf baie geniet alhoewel dit net vir slaap was. Die plek is ok, net die TV wat nie gewerk het nie. Die feit dat hulle ons hondjie ook akkommodeer het was die cherry on top of the cake.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Baie dankie vir die resensie. Was 'n voorreg om julle te hê by Ons. Julle is altyd welkom.
Vriendelike Groete,
Johann

The Stables Guesthouse
Daniel P W - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Daniel P W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Swakste wat ons nog beleef het.

Niemand om jou te ontvang nie. Voordeur gesluit. Moes bel en na 25 min in warm kar (14:30) daag persoon op. Geen melk en tee beskikbaar (wel kitskoffie en suiker). Waaier werk nie behoorlik. Stortkraanreguleerder werk nie behoorlik (of te warm of te koud) Bad het beter dae geken (enamel dop af). Vertoon onhigiënies. Miljoene muskiete en soos verwag geen insekdoder of muskietweerder nie (het gaan koop by `n winkeltjie in die dorp ) Ernstige probleem was dat ek `n ligte elektriese skok gekry het toe ek die linkerkantse bedliggie (teen die muur gemonteer) wou verstel. Toe die regterkantste een aangeskakel wou word was daar net `n ontploffing en het die krag onmiddellik uitgeskop. Gelukkig was dit reeds naby slaaptyd. Wat my egter baie ontstel is dat ek die volgende dag verskeie kere mnr. vd Merwe geskakel het om hom in te lig dat daar `n moontlike krises kan ontstaan as skoonmakers daaraan sou raak. Elke keer (3 x keer ) geskakel waarop elke keer `n "nie beskikbaar en laat `n boodskap - sal terug bel" ontvang is. Nodeloos om te sê, ek wag nou nog vir sy terugskakel. Bedkassies sou handig gewees het (stoele gebruik) Hoe die plek `n stertoekenning van 4 en half gekry het is `n klug. Ek sal in die toekoms meer opsies van ander instansies oorweeg.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Goeie dag PW,

Ek is baie jammer vir die slegte ondervinding wat jy by ons instansie gehad het.

Ek wil u graag in kennis stel dat ons n oornaggeriewe bied en nêrens geadverteer word as 'n 4-ster gradering gastehuis nie. Verwys u moontlik na die 4 resensie sterre op die oorsig van ons advertensie? Hierdie sterre word gebasseer op vorige terugvoer van ander gaste en nie na die gradering soos uitgereik deur die Toerismeraad nie.

Ons het wel 'n 24 uur ontvangs, maar soos u ingeboek het, het ek dadelik geantwoord toe u gearriveer het. Ons het nie 24 uur personeel wat aan diens is nie omdat dit 'n klein dorpie is waar so gerief gewoonlik onnodig is. U het my ook nie in kennis gestel hoe laat u gaan arriveer om reëlings te tref sodat ek daar sou wees om u te ontvang nie. Op aankoms het u op die langste 5 minute vir my gewag.

Ek het u na kamer toe gevat en u gewys waar is alles is. U het bevestig dat alles reg lyk en dat die kamer baie mooi is. Ek het aan u genoem dat u my kan kontak as u enigiets nodig het. Ek het ook melding gemaak van ons dorp wat 'n waterkrisis he en dat u water moet gebruik tussen sekere tye.

As u probleme ondervind het met krag, was daar personeel op diens in die aand en die oggend toe u ontbyt gehad het. Ongelukkig het ek geen terugvoering ontvang dat daar 'n probleem was nie, anders het ek dit dadelik aangespreek.

Groete,
Johann

The Stables Guesthouse
Liezl B - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liezl B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangename verrassing.

Die eienaars/bestuurderes het uit hul pad gegaan om ons te akkommodeer en gemaklik te laat voel.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Baie dankie vir die goeie resensie Liezl. Hoop julle het lekker by ons geslaap.
Hoop om julle weer in toekoms te verwelkom
Groete,
Johann

The Stables Guesthouse
Willem M - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Willem M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelik ontvang en lekker aandete en ontbyt.

Baie aangenaam, maar kamers kort afronding. Lugreëling werk nie en waaiers kon nie aanskakel nie.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Dankie vir die review. Ons sal aandag gee aan die lugreeling.
Hoop jy het lekker by ons gebly. Bly jy het aandete en ontbyt geniet.
Groete,
Johann

The Stables Guesthouse
Eric D - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Eric D
Gesin met klein kinders

Oukei vir een nag.

Bespreking vir etes is absolute vereiste andersins is wag vir ete baie lank omdat hulle kos en drank gaan verkry van buite.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Geagte Eric,

Baie dankie vir jou review. Ons is Baie jammer jy het lank gewag vir jou ete. Ons maak ons Kos vars, en wil nie gevriesde geregte vir kliente opdien nie. Ons sal aan dag gee aan die probleem

Dankie,
Johann

The Stables Guesthouse
Willem S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Veilig en rustig.

Is vriendelik ontvang en vinnig by ons kamer gekry. Netjiese kamer, bed en badkamer. Lekker ontbyt geniet.

The Stables Guesthouse's terugvoer

Beste Willem,

Baie dankie, ons is bly u het lekker by ons gebly. Hoop om julle weer gou te verwelkom by ons.

Groete,
Johann

The Stables Guesthouse
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Vanaf R400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Loopstraat 30, Middelburg, Oos-Kaap, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsbbB8LHTZeyAY8lqmvuX9waXweqVlOlsZa7ptMU9xVUnkXNhyB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R400  per nag (plek vir 2) 13 5 1 4 30 Loop Street Middelburg EC 5900 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -31.496279015517 25.003944039345
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!