Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Studio @ Mount View Lodge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount View Lodge, Barrington-weg, Elandskraal, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

The Studio @ Mount View Lodge is 'n ruim, luukse selfsorg-ateljeewoonstel wat onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk is en waar troeteldiere welkom is. Dit is ontwerp om by die plattelandse landskap in te pas en is in 'n stil, rustige en veilige omgewing wat aan gaste 'n gehalte-blaaskans bied.

Die eenheid spog met 'n uitsig wat oor die plaas tot by die Outeniekwaberge en die Knysnawoud strek en is net 15 minute se ry van Sedgefield met sy winkels, restaurante en strande af. Knysna en Wildernis is net 25 minute se ry al langs die bekende Tuinroete. Die Garden Route Trail Park en Sewe Passe is net 5 minute se ry ver en maak van The Studio die ideale rusplek vir bergfietsryers en natuurliefhebbers.

Die ateljee het 'n oopplan-uitleg en bied 'n ruim, sonnige sitarea, 'n kombuis en 'n eetarea met 'n kaggel en 'n asemrowende uitsig. Die badkamer maak 'n stelling en laat gaste toe om in privaatheid met die natuur te verkeer. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Daar is ook 'n gemaklike rusbank waarop 'n derde gaste kan slaap. Die kombuis het 'n gasstoof met 2 plate, 'n mikrogolfoond en 'n yskas. Dit is goed toegerus sodat gaste heerlike maaltye by die eenheid kan voorberei.

Groot vensters en deure maak oop op 'n groen tuin wat voëltjies, skoenlappers en bye lok. Voerbakkies is op die perseel geplaas om te verseker dat gaste 'n verskeidenheid voëls van naderby kan aanskou en die klein, omheinde grasperk maak die eenheid ook troeteldiervriendelik.

Die patio onder 'n pergola bied ook 'n uitsig op die Outeniekwaberge en is ideaal vir skemerkelkies en braai na 'n lang dag vol avonture. Hier kan gaste ook sonbaai en die rus en vrede van die omgewing geniet.

Water word deur reën en krag deur die son voorsien. Gedurende die reënseisoen kan dit dalk nodig wees om van die kragopwekker gebruik te maak. Instruksies vir die kragopwekker word voorsien en daar is kerse en lanterns. Die waterpomp is elektries, so die stort se water moet eerder in die vroegoggend of laataand met die kragopwekker verhit word.

Herwinning word aangemoedig en die instansie gebruik nie enkelgebruik-plastiek nie. Onbeperkte uitheemse hout van die area word verniet voorsien.

Die eienaars woon in die hoofhuis op dieselfde eiendom en is respekvol teenoor gaste se behoefte aan privaatheid. Hulle sal graag help met enige inligting en aanbevelings oor die area, hetsy dit restaurante, aktiwiteite of besienswaardighede is. The Studio is afgesper en heeltemal privaat, met ’n selfinklok-sisteem.

Slaapplek

’n Bespreking by The Studio @ Mount View Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed Enkelslaapbank
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 18 resensies vir The Studio @ Mount View Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Mount View Lodge, Barrington-weg, Elandskraal, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Studio @ Mount View Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tuinroete Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount View Lodge, Barrington-weg, Elandskraal, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdcj2ai7wamzaqziugkaIPdGxp99eX4vT8cZ5Pbf4Uh30IFJ6uI?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 3) 18 5 1 5 Mount View Lodge, Barrington Road Elandskraal 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.966572586614 22.875297918965