Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Third Dolphin

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolfynstraat 4, Heroldsbaai, George, 6615, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

The Third Dolphin bied selfsorg-akkommodasie in die pragtige dorpie Heroldsbaai op die Tuinroete. Die woonstel is ideaal vir vriende of familie wat wil wegbreek na 'n rustige plek met ongelooflike uitsigte, maar tog ook naby aan al die doendinge wil wees.

Die woonstel is 85 m² groot met slaapplek vir 4 gaste in 2 aparte slaapkamers. Die hoofslaapkamer bied 'n ekstra-lengte koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die woonstel beskik oor 'n volledige badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof en -oond, ketel, broodrooster, snackwich-masjien, voedselverwerker, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien.

Daar is wasgoedlyne buite. Die woonstel het braaigeriewe en sitplek buite.

Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.

Plaaslike kroeë, restaurante, paintball en die hoofstrand is 5 minute per motor of 20 minute te voet. Twee getypoele met veilige snorkel- en visvang-geleenthede is sentraal geleë. Lewensredders is aan diens. Die golwe is perfek vir branderplankry.

Ons is bo-op Herold's Bay Heights met asemrowende uitsigte oor die see amper tot in Mosselbaai na die weste. Daar is verskeie staproetes wat oop is vir die publiek. Versteekte strande soos Dollieskraal kan met kuspaadjies bereik word.

Voëlklip is 'n bekende visvangplek en kan net bereik word met 'n grondpad. Die Voëlklip grondpad bied verskeie plekkies wat ideaal is vir sonsondergang-kyk en om die uitsig na Hartenbos en Mosselbaai se kant toe te geniet.

The Third Dolphin is gerieflik geleë, net 8 km van George se lughawe af. Al die hoof-karverhuringsmaatskappye is daar beskikbaar. George is 16 km van ons af en die gewilde Tuinroete Winkelsentrum bied bioskope, restaurante, kruidenierswinkels en kettingwinkels.

Oubaai Gholflandgoed is sigbaar van ons perseel af en is net 5 minute per motor weg. Dit is maar net 1 van die verskeie gholfbane wat in die omgewing beskikbaar is.

George is in die hartjie van die Tuinroete geleë en dien as die sentrale basis vanwaar gaste die besienswaardighede kan geniet. Inligtingsbrosjures van die aktiwiteite in die omgewing is by The Third Dolphin beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by The Third Dolphin sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir The Third Dolphin
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Dolfynstraat 4, Heroldsbaai, George, 6615, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Third Dolphin het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dolfynstraat 4, Heroldsbaai, George, 6615, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDllOTc5YzVhLTZkMjctNDY4YS04OTBhLTQzN2I0NTk1NzY2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 4 mense 3 5 1 5 4 Dolfyn Street Herold's Bay 6615 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.049552318627 22.401036024057