The Tree House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Tree House is 'n selfsorgwoonstel op die eienaar se perseel in Nelspruit geleë. Die kothuis is in 'n akasiaboom, op die bopunt van 'n heuwel wat uitkyk oor die natuurreservaat. Gaste kan somtyds ystervarke, klipspringers, muishonde, bobbejane en die verskeidenheid voëllewe gewaar. Dit is die ideale plek vir 'n wittebrood paartjie en is baie romanties of vir 'n gesin met jong kinders ouer as 2 jaar. Daar is trappe wat lei na die kothuis en is sodoende nie geskik vir bejaardes of gesinne met klein kinders nie.

Die ateljee-kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en beskik oor 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuisie. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is toegerus vir selfsorg en het 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die yskas het vol voorraad insluitend ontbyt kosse en 'n bottel wyn wat gaste kan geniet terwyl hulle die sonsondergang kyk. Geriewe sluit in: WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, DVD-speler, swembad en veilige parkeerplek,

Daar is 'n ouwêreldse winkelsentrum net 'n kilometer ver met 2 restaurante, 'n Spar, haarsalon, DVD-winkel, wassery, apteek en 'n drankwinkel. Die Kruger Nasionale Park is net 45 minute se ry ver wat naby genoeg is ver 'n daguitstappie. Daar is ook wonderlike voetslaanroetes in die nabye natuurreservaat wat die gasvrou, Barbara, graag met jou sal deel.

Slaapplek

'n Bespreking by The Tree House sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Tree House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R660 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za