Seepunt Akkommodasie by The Verge | LekkeSlaap
+38

The Verge

6 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Holmfirth-weg en Hoofweg, The Verge , Seepunt, 8003, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 377 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Verge is uiters sentraal, in die hartjie van Seepunt, geleë en bied unieke verblyf met die gerief van 'n hotel, maar die gemak van 'n huis. Die kompleks bestaan uit 20 stylvol gemeubileerde, volledig toegeruste suites en is net 'n blok vanaf die Seepunt Promenade met 'n keur restaurante, koffiewinkels en kroeë.

Ons bied verblyf in 'n keuse van een- of tweeslaapkamer-selfsorgeenhede. Elke suite het moderne afwerkings, moderne geriewe en toebehore, eiesoortige dekor en uitgesoekte kunswerke om 'n hartlike gevoel van warmte en styl te skep. Elkeen van die suites het 'n TV met sekere DStv-kanale in die leefarea en die hoofslaapkamer, 'n kluisie, 'n waaier, en wasgeriewe wat 'n wasmasjien en tuimeldroër insluit. Die suites het elkeen ook 'n Juliet-balkon en 'n volledig toegeruste, moderne kombuis. Babageriewe is beskikbaar op versoek en daar is 'n skoonmaakdiens van Maandag tot Saterdag. Die superieure suites het ook 'n patio met braaigeriewe en buitemeubels en lugversorging regdeur die eenheid.

Met 'n verskeidenheid geriewe op die perseel, insluitend 'n portier en 24 uur-sekuriteit, gratis WiFi, veilige parkeerplek en kaart-toegang, is The Verge ideaal vir sakereisigers sowel as vakansiegangers. Die bekende V&A Waterfront en Kampsbaai en Clifton se strande is ook na aan ons geleë. Vir sakereisigers, is KIKS en die middestad net om die draai, wat dié ligging sentraal en gerieflik maak.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Portier
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 6 resensies vir The Verge
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Hoek van Holmfirth-weg en Hoofweg, The Verge , Seepunt, 8003, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Verge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 377
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 377
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Holmfirth-weg en Hoofweg, The Verge , Seepunt, 8003, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY1ZjFjNWY4LWQzNDItNDdlNC1iNmIzLWU3ZTczZWU4NWZiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 377  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Corner of Holmfirth Road and Main Road The Verge 8003 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -33.9160229 18.389498
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za