The Victorian

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Victorian bied verblyf in 'n Victoriaanse huis wat uit die 1900's dateer, lieflik opgeknap is en in die Strand geleë is. Dis net 40 minute se ry vanaf Kaapstad.

Verblyf word gebied in 2 en suite-kamers, Queen Victoria en Prince Albert, wat in die huis is, en in 'n tuinkamer net 'n entjie verder met 'n uitsig oor die lowerryke tuin.

Die sigaarsitkamer bied 'n ouwêreldse bekoring waar gaste met 'n boek en sjerrie voor die antieke kaggel kan ontspan. Persiese tapyte en koperlampe skep 'n warm atmosfeer in die woonkamer. Franse deure lei na die binnehof waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet. Die tuin bied Victoriaanse straatlampe, 'n fontein en verskeie sithoekies.

Die kombuis is toegerus met persoonlike, ouderwetse eetgerei en breekware. Soggens word 'n kontinentale ontbyt teen R55 per persoon of gekookte ontbyt teen R95 per persoon bedien indien dit vooraf gereël is. Die eetkamer het 'n Cole-stofie en ontbyt kan ook in die tuin onder die baakhoutboom bedien word.

Antieke markies, dennehoutvloere wat opgeknap is, wit mure en sementvloere vorm 'n pragtige prentjie. Dié huis vertoon die antieke erfstukke en interessante vondse wat by plaaslike veilings opgeraap is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Victorian gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za