by The View | LekkeSlaap
+31

The View

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tobie-keeromstraat 8, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R7 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

The View is 'n gerieflike selfsorghuis vir 10 gaste in Myburgh Park, Langebaan en dit bied 'n 240 grade-uitsig oor die Langebaan-strandmeer.

Die moderne dubbelverdiepinghuis beskik oor 5 slaapkamers, 5 badkamers, 'n kombuis, eetarea en sitarea. Een van die slaapkamers het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n ook knus kaggel vir daardie koue winteraande.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye by die toonbank en etenstafel geniet. Daar is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in die opwaskamer langsaan.

Gaste kan in die sitarea met 'n satelliet-TV, 'n musiekstelsel en 'n gaskaggel ontspan. Daar is ook 'n binnebraai met 2 wynyskassies.

Die leefarea lei via glasskuifdeure na 'n stoep met 'n buite-eetarea, gemaklike stoele en 'n uitsig oor die swembad. Die swembad spog met temperatuurbeheer. Gaste kan langs die swembad ontspan en 'n uitsig oor Schaapeneiland, Shark-baai, Weskus Nasionale Park, Church Haven, Kraalbaai, Postberg en Meeu-eiland geniet. Tafelberg is ook op 'n sonnige dag sigbaar.

Langebaan bied verskeie aktiwiteite soos sweefski, vlieërplankry, kajakvaar, visvang, gholf, perdry en bergfietsry en besienswaardighede soos Mykonos Casino en die Weskus Nasionale Park.

Slaapplek

’n Bespreking by The View sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Kantoorgeriewe
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Tobie-keeromstraat 8, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R7 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R7 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tobie-keeromstraat 8, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc5513a74957df5fe5b30aae4115ea390bde5287441067448f4c3044390ef84550862fe38a2f20d7f5f2ed0eafe516b54d1a1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 000  per nag (plek vir 10) 8 Tobie Close Myburgh Park 7357 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.107053605157 18.037988163091
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem