Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The View in Mabalingwe

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

The View in Mabalingwe bied verblyf op 'n koppie in die Groot 5 Mabalingwe Wildreservaat, ‘n malaria-vrye area net 130 km van Pretoria af. Dié selfsorghuis spog met 'n ongelooflike uitsig oor die dam en op die berge en is ideaal vir gesinne wat lief is vir die natuur of vir paartjies op soek na 'n romantiese wegbreek. Ontspan op die stoep vanwaar jy die seekoeie kan sien en hoor vroegoggend na die leeus se gebrul en die visarend se geroep.

Dié selfsorghuis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die huis het twee lugversorgers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n romantiese bad. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en albei kamers bied mooi uitsigte oor die dam. Die derde kamer het 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed.

Die huis het ook 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea en daar is 'n buitestort met warm water. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die leefarea het 'n TV met die volle DStv-pakket.

Daar is 'n privaat boma vir laatnag-braai onder die sterre en ‘n privaat swembad vir afkoel onder die bosveldson. ‘n Daaglikse skoonmaakdiens is ingesluit en daar is parkeerplek onder 'n skadunet vir 2 voertuie.

Ons gee graag afslag vir besprekings in die middel van die week vir wittebroodspaartjies of paartjies wat hulle huweliksherdenking vier.

Geniet 'n gratis wildrit in jou eie voertuig of bespreek 'n wildrit in Mabalingwe se safari-voertuie by ontvangs. Daar is ander doendinge soos nag-wildritte, voëlkyk en perdry.
Mabalingwe bied ook gratis doendinge soos putt-putt, tennisbane, 'n muurbalbaan, 'n pooltafel, speelkamer vir kinders, tafeltennis, 'n groot skaakstel en swembaddens insluitend 2 verhitte swembaddens.

Die plaaswinkel is oop vir besoekers gedurende die dag en daar is 'n restaurant met uitsigte oor die dam.

The View in Mabalingwe is 'n bosveld-ervaring wat jy vir altyd sal onthou!

Slaapplek

’n Bespreking by The View in Mabalingwe sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 105 resensies vir The View in Mabalingwe
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • R516, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink The View in Mabalingwe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8e3ba60ae2e874a61115c002e12aa999de010b44e2cd5475708e362eab8af6f305d8de948169527ba453372c3ea06241607d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8) 105 5 1 5 R516 Mabalingwe Game Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -24.810976487454 28.080990457672