The Vineyard Group

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Vineyard View is 'n gaste-suite op die eienaar se perseel in Joostenbergvlakte en grens aan die Kaapse Wynlande. Dié eiendom is die ideale basis vanwaar gaste die Noordelike Voorstede, Durbanville Wynroete, Paarl Wynlande, Stellenbosch en Somerset-Wes kan besoek.

Verblyf word in 3 eenhede gebied met slaapplek vir 8 gaste. Die 3 eenhede is The Vineyard View, The Vineyard East en The Vineyard West. The Vineyard East het 'n privaat ingang, het slaapplek vir 2 volwassenes en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet.

The Vineyard View is 'n gedeelte van die eienaar se en het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die ander kamer het 'n oopplan-kroeg, 'n kombuisie, 'n pool-kamer en 'n sitkamer. Die kombuisie is met verhit- en eetgeriewe, soos 'n yskassie, mikrogolfoond, elektriese braaipan, ketel en broodrooster toegerus. Die sitkamer het 'n sitkamerstel en 'n TV. Die pool-kamer het 'n pool-tafel en 'n dubbelslaapbank. 2 enkelbeddens is op versoek beskikbaar.

The Vineyard West bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n badkamer wat gedeel word.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek met plek vir 4 voertuie. The Vineyard Group is 28 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 35 km vanaf die Kaapse middestad.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Vineyard Group gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R425 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za