LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Vineyard Guest Lodge | LekkeSlaap
+31

The Vineyard Guest Lodge

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir The Vineyard Guest Lodge
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5
Martha-ann C - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Martha-ann C

Miskien.

Die yskas was nie heel reg nie. Ons moes die plek skoonhou met 'n besem wat nie eers amper hare op het nie. Die beddegoed was skoon, maar het hare op beddegoed gehad. Die plek was regtig nie skoon volgens my nie. Die deur is onder stukkend. Die plek kan regtig bietjie opgeknap word. Lieflike plek, maar kan beter skoongehou word.

Dorette M - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Dorette M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Baie vriendelike mense en mooi en lekker plek om by te rus.

Johan V - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V
Gesin met klein kinders

Rustige en vredevolle plek om volkome te herlaai.

Die plek het ons terdeë bederf met sy vredevolle en rustige omgewing. Met baie diere; bokke, kalkoene, hase, voëls, ens. het ons ons tyd verskriklik geniet. Daar is speelplek vir kinders en ons het altyd gevoel dit is veilig vir ons kleinding om rond te hardloop. Die selfsorgverblyf was perfek met alles wat ons nodig sou kon hê. Dit is 'n kort ry van die see en die stad. Dankie aan Esther wat seker gemaak het dat ons so 'n heerlike tyd kon hê.

Stephen N - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephen N
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Plaasgevoel reg langs die see!

Ester was baie vriendelik en behulpsaam en het ons dadelik tuis laat voel. Sy deel ook graag wenke rakende plekke om te besoek in die area. Die kamer het voldoen aan al ons vereistes en was skoon en netjies. Die verblyf is baie naby aan Chintsa oos en wes se strande sowel as Gonubie. Sal vir seker weer daar bly in die toekoms.

Kobus S - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Kobus S
Besigheidsreis

Baie mooi en gerieflik. Netjies.

Baie lekker gekuier en mooi plek, net jammer met bespreking het hulle my 'n ander plek gegee omdat die plek wat ek bespreek het, vol sou wees. Met aankoms was daar egter geen ander gaste nie. Ek moes dus meer betaal het.

Gerda V - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerda V
Gesin met klein kinders

Absoluut fantasties!

Ons het heerlik oorgeslaap hier. Die selfsorg-eenheid is asemrowend mooi - binne en buite! Die twee seuntjies het te lekker gespeel in die lieflike tuin. Alles is keurig versorg en ons sal graag weer hier oorslaap. Dankie Ester vir 'n genotvolle tydjie in jou paradys!

Blackie S - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Blackie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Asemrowend stil en rustig.

Ons was baie vriendelik ontvang deur 'n baie gawe eienares. Die plek was baie skoon en het al die geriewe wat nodig is. In die oggend is dit baie stil en die wildlewe kan gesien word vanaf die stoep. Dit was baie meer as wat verwag was.

Karen J - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karen J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie smaakvol en rustig.

Fantastiese plek om te bly. Heerlik om op die stoep te sit met 'n koppie koffie. Hoogs aan te beveel.

Vanaf R863
per nag (plek vir 2)
Vanaf R863
per nag (plek vir 2)
Vanaf R863
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Adelzicht Plaas, Schafli-weg, Cintsa, 5275, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1ODVjMTM3LWEwNzgtNDk5OS1iNTkzLTE2ODU0YjI4OWZhYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R863  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Adelzicht Farm Schafli road 5275 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -32.794015 28.024
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!