The Waves 4

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Apr 2019 tot 19 Sep 2019.

Beskrywing

The Waves 4 is 'n selfsorg-tuinwoonstel in Bloubergstrand. Dit het pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en Tafelberg in die verte. Dit het al die nodige geriewe vir 'n privaat en luukse selfsorgvakansie.

Die woonstel het 2 slaapkamers en bied slaapplek vir 4 volwassenes. Daar is 'n slaapbank wat ekstra slaapplek vir 2 kinders bied. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en platskerm-TV. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Dié oopplan-woonstel het 'n kombuis wat lei na die sitkamer. Die volledig toegeruste kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 2 leerbanke, 'n gemakstoel en 'n groot platskerm-TV. Die patio het lieflike uitsigte oor die baai, sowel as 'n etenstafel en 'n bankie.

Die woonstelkompleks is oorkant die strand. Die kusdorp, Bloubergstrand, is 'n baie lekker vakansiebestemming met verskeie instansies stapafstand van die woonstel af. Van hulle front selfs na die see. Twee winkelsentrums is 'n kort entjie weg. Bloubergstrand is ideaal geleë, met Kaapstad se middestad in die suide en die Weskus, met talle bekoorlike dorpies en pragtige natuurreservate, in die noorde.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Waves 4 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 128 R1 015 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 22 Apr 2019 tot 19 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za