Table View Akkommodasie by The Waves | LekkeSlaap
+13

The Waves

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-weg, The Waves, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

The Waves bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde tweeslaapkamerwoonstel met 'n asemrowende uitsig oor die see en op Tafelberg oorkant die baai. Die woonstel is in 'n veilige kompleks in Blouberg, net 90 m van die strand af geleë. The Waves is die ideale ligging vir strandgangers, branderplankryers en vlieërbranderryers.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en deure wat na die patio lei. Hierdie kamer het ingeboude kaste, bedlampies en kragpunte. Die hoofbadkamer is net buite die hoofslaapkamer geleë en het 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed, ingeboude kaste, bedlampies en kragpunte. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet, wasbak en spieëltafel.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n oond, stoof, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, sowel as 'n skottelgoedwasser. Tee, koffie en suiker word voorsien. Die kombuis het ook 'n toonbank met sitplek. Die oopplan-sitkamer lei na die kombuis en het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Skuifdeure lei na die patio vanwaar gaste 'n uitsig oor die see kan geniet. Die patio het 'n tafel en 4 stoele om buite te eet, en gasbraaigeriewe. Gaste kan op die terras rook maar nie in die huis nie.

Die woonstel het WiFi en gaste het toegang tot veilige parkeerplek binne die woonstelblok. Besoekersparkeerplek is ook beskikbaar vir addisionele voertuie. 'n Huishulp is ook beskikbaar indien nodig. Die ligging bied toegang tot die strand, restaurante, en koffiewinkels.

Slaapplek

’n Bespreking by The Waves sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Coral-weg, The Waves, Table View, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Coral-weg, The Waves, Table View, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8bc8a2aaa55d928362d460119f9e5ca721ab5211a75136d7aa16b576f78911364dfb1d9146e71030079df7b3b8cd98bbec21?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 5) Coral Road The Waves 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-22:00 10:00 -33.817451529484 18.474845455225
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za