The Weaver

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 30 % af

Kry 30% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

The Weaver is ’n bekoorlike strandhuis in die kusdorpie Arniston. Dié drieslaapkamerhuis is net bokant die sandduine geleë en is slegs ’n paar meter van die see af.

Die huis is ideaal vir 4 volwassenes en 2 kinders of jong mense. Dit beskik oor 2 en suite-slaapkamers met 'n koninggrootte-bed in elk, en daar is 'n enkelbed en 'n enkelslaapbank op die tussenvloer wat vir kinders of jong volwassenes geskik is. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus met ’n oond, stoof, yskas en 'n mikrogolf. Die oopplan-leefarea het ’n kaggel, etenstafel met sitplek vir 10, ’n pooltafel en 'n TV met 'n DVD-speler. Gratis WiFi is beskikbaar en daar is ’n buitestort waar gaste die seesand kan afspoel.

Gaste kan op die boonste stoep by ’n tafel en stoele ontspan, of op die beskutte tuinstoep braai wat teen die wind beskut is.

Arniston bied ’n lang ongerepte strand, kleurvolle fynbos, visvang, walviskyk in seisoen, dolfynkyk en voëlkyk. Dis 59,4 km vanaf die mees suidelike punt van Afrika, Kaap Agulhas.

Slaapplek

'n Bespreking by The Weaver sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Weaver gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 088 R762 per nag (plek vir 6)

Kry 30% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false