Whale Coast Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 20 Des 2019.

Beskrywing

Die luukse Whale Coast Hotel is sentraal geleë in Hermanus en bied 'n perfekte Walviskus-ervaring.

Verblyf word gebied in 23 woonstelle wat elkeen oor een, twee of drie slaapkamers beskik. Elke woonstel beskik oor 'n kombuis en 'n eetarea. Die kombuise is volledig en modern toegerus met 'n skottelgoedwasser, vrieskas, oond en 'n stoof, terwyl die sitarea ingerig is met 'n 43" LED platskerm-TV met kringklank, sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Buite is daar 'n gemeubileerde patio met braai-geriewe en kelderparkeerplek.

Standaard geriewe en -dienste sluit 2 komplimentêre waterbottels met aankoms, komplimentêre toiletbenodighede, 'n privaat kluis en komplimentêre WiFi in. Die woonstelle word ook daagliks skoongemaak. Met ons Old Harbour Cafe kan gaste 'n heerlike ontbyt geniet voor hulle Hermanus verken.

Plaaslike restaurante, boetiekwinkels, koffiewinkels, bistros en opwindende doendinge in die buitelug is net 'n kort entjie se stap of ry weg. Die Whale Coast Hotel is gerieflik geleë in 'n winkelsentrum en bied dus onvergelykbare gemak in die sin dat al die benodigdhede net om die draai is. Ons sentrale ligging laat ons gaste toe om hulself in die pragtige kusdorp te verlustig en die natuurskoon en avonture wat jy hier kan ervaar ten volle te geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Whale Coast Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 390 R1 793 per nag (plek vir 2)

Kry 25% af. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 20 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za