The Whale Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Whale Cottage sit op die kruin van 'n rotsformasie tussen fynbos en langs 'n klein rotspoel, dit is 'n kunstenaarskothuis met 'n uitsig oor die ontsagwekkende Atlantiese Oseaan. Die uitsig strek van Kleinmond se hawe af in die ooste en die voet van die Kogelberg tot by die mond van die Palmietrivier in die weste. Dit is die tipe selfsorgwoning wat die rus en vrede bied wat net in die natuur te vinde is.

The Whale Cottage bied gerieflike slaapplek vir 4 persone en bestaan uit 2 slaapkamers met dubbelbeddens, 'n badkamer met stort en 'n kombuis. Verder is daar ook 'n kaggel en 'n braaiplek. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en wynglase. Die eetkamer staan op 'n verhewe gedeelte en kyk uit oor die sitkamer-area met sy smaakvolle meubels en kuns. Gratis WiFi is beskikbaar.

Alhoewel die huis in 'n rustige omgewing geleë is, is dit net 'n paar minute vanaf Kleinmond se hawe met sy restaurante en winkels. Gaan klop gerus aan by Kabel Joe's vir heerlike seekos, en moenie vergeet om 'n draai te maak by die tweedehandse boekwinkel nie, en as jy hou van wyn moet jy definitief gaan inloer by die wynboetiek. Gaste het natuurlik ook maklik toegang tot die Kogelberg Natuurreservaat met sy wandelpad wat net 80 meter van ons tuin af begin. Dié pad lei na die Palmietriviermond en die ongerepte strand, wat ideaal is vir vissers. Voëlkykers sal mal wees oor die natuurreservaat. Onthou om jou oë oop te hou gedurende die walvis-seisoen (Augustus tot November) terwyl jy in die tuin staan met sy uitsig oor die see - miskien sien jy 'n walvis of twee!

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort

Dienste

  •  Koordlose Internet

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Whale Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false