The Whale Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Whale Place bied verblyf in Witsand in die Overberg-streek.

Die hoofhuis bied slaapplek vir 6 mense en beskik oor 3 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n en suite-badkamer het. Al die kamers is op die onderste verdieping en die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer is ingerig met 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien. Die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer is ingerig met 'n stort, wasbak en toilet en die ander gesinsbadkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Op die boonste verdieping is daar ook nog 'n ekstra toilet.

Geniet gerus die uitsig vanaf die boonste verdieping. Daar is 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer asook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oondjie, mikrogolfoond, gasstoof, yskas en skottelgoedwasser. Die TV in die sitkamer het volledige DStv.

Die huis het 2 dekke, een met onbelemmerde 180°-uitsigte oor die see en die ander aan die agterkant met braaigeriewe. Die agterste dek is die ideale plekkie om in die winter bietjie son te vang.

Die sit-slaapkamer is 'n ekstra verblyf-opsie op die perseel met slaapplek vir nog 2 mense teen R200 per nag. Dié sit-slaapkamer bestaan uit 1 kamer met 'n dubbelbed, 'n kombuisie met 'n wasbak en yskassie en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid het ook 'n privaat binnehof met braaigeriewe.

Witsand word as 'n baie veilige plek beskou. Hier is baie min misdaad en kinders kan veilig op die strand baljaar. Daar is oorgenoeg geleenthede vir swem, snorkel en die verkenning van rotspoele in die beskermde areas. Witsand is teen die Breederiviermonding geleë en is 'n kranige visserman en seil-entoesias se droom. Hier is volop voëls en wild in 'n ongerepte omgewing wat gelukkig nog nie aangeraak is deur die kommersialisering wat so baie prentjiemooi kusstroke verrinneweer nie.

Witsand het 'n paar restaurante en 'n klein supermark, maar is steeds 'n pragtige, stil en rustige vakansieplekkie waar jy net kan ontspan en ontsnap van alles en almal.

Slaapplek

'n Bespreking by The Whale Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Whale Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 per nag (vir 7 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false