LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by The Whales Tale | LekkeSlaap
+31

The Whales Tale

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Queens Terrace 21, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Whales Tale bied 'n pragtige see-uitsig en gerieflike verblyf in 'n selfsorgstrandhuis in Amanzimtoti. Dié smaakvol versierde drieslaapkamerhuis is 300 m vanaf die strand soos die kraai vlieg en gaste kan hul honde, kinders en grootouers saambring om hierdie gelukkige vakansiehuis te geniet.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -opwasarea, -sitarea en -studeerarea. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en stort- en badgeriewe is beskikbaar. Die kombuis is met 'n elektriese oond, gasstoof, mikrogolfoond , koffiedompelpot, ketel en 'n etenstafel met sitplek vir 6 toegerus. Die sitkamer het 'n TV met DStv-Explora. WiFi is ook beskikbaar. Daar is 'n Speed Queen wasmasjien en 'n tuimeldroër, asook 'n skottelgoedwasser beskikbaar vir langer verblyf. 'n Skoonmaker is beskikbaar elke tweede dag indien gaste hierdie diens nodig het.

Die huis het 'n swembad en 'n groot onderdakstoep waar 'n mens lekker saam met die gesin kan kuier. Die stoep het 'n ingeboude braai, hangmat en 'n hoekie of twee waar gaste met 'n leesboek kan ontspan. Hier kan gaste hulle oggendkoffie geniet terwyl hulle na die sonsopkoms kyk en na die gedruis van die branders luister. Gaste kan ook die oorvloed voëllewe geniet en kan die voëls met voëlsaad wat voorsien word voer. Ongelukkig word geen katte toegelaat nie weens die oorvloed voëllewe.

Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word en die huis het 'n groot tuin en 'n klimraam met 'n swaai.

Slaapplek

’n Bespreking by The Whales Tale sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir The Whales Tale
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Queens Terrace 21, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Whales Tale het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amanzimtoti KwaZulu-Natal
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Queens Terrace 21, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4da3d03802eaff4eb2066106c9ad7094a3bc4974a8741cbb692ca663aa39e2bdc87fca2062189abe2da98ab193a2732a900e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 21 Queens Terrace Amanzimtoti 4126 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -30.068256398389 30.874630571758
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!