Stanford Country Cottages - The White House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Stanford Country Cottages - The White House is 'n knus selfsorghuis, in Sanford, is ideaal vir 'n gesinsvakansie. 'n Groot houtdek kyk uit oor 'n deel van die dorpie en die rivier. Die plaasgrond en die rivier raam die pragtige KleinRivierberge.

Die huis kan 10 gaste akkommodeer en daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping en 'n slaapsaal-styl slaapkamer op die onderste vloer. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die slaapsaal op die onderste vloer het 4 enkelbeddens vir kinders. Die huis spog met 'n stortkamer met 'n gasgeiser en 'n aparte toilet op die boonste vloer. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n bad. Daar is ook 'n buitestort met warm en koue water. Dit is ideaal vir 'n vinnig afspoel nadat jy geswem het.

Die groot leefarea is op die boonste verdieping en bestaan uit 'n oopplan-sitkamer- en kombuis-area met 'n ontbyttoonbank. Die leefarea is gerieflik ingerig en het 'n Queen Anne-stofie om jou warm te hou gedurende die wintermaande. Die goed toegeruste kombuis het 'n gasstoof, 'n elektriese oond, 'n mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n yskas-vrieskas.

Die dek spog met gemaklike sitplek asook 'n eetkamertafel en stoele vir luilekker al fresco-etes. 'n Draagbare braai kan op die dek gebruik word en daar is 'n ingeboude braai op die patio aan die agterkant. By die speletjieskamer op die eerste verdieping kan jy tafeltennis, pool en sokker-speletjies speel. Die omheinde agterplaas het 'n krieketnet en 'n groot geplaveide area. Daar is 'n DVD-speler en DStv beskikbaar dus kan daar TV op die onderste en boonste verdiepings gekyk word. Gaste moet asb. hul eie dekodeerder saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by Stanford Country Cottages - The White House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Stanford Country Cottages - The White House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za