The Wild Fig

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Wild Fig is in die pragtige Sabievallei, net 12 km buite Hazyview, geleë en dit bied gehalte-akkommodasie vir gesinne wat lief is vir die natuur.

Die chalets het slaapplek vir 2 volwassenes met 2 kinders en beskik elkeen oor 'n oopplan-leefarea met 'n dubbelbed en 'n hout stapelbed. Die badkamer bevat 'n groot stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus met alles wat gaste nodig het vir selfsorgverblyf, insluitende 'n yskas, 2-plaat stoof, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is nie 'n TV in die chalets nie.

Elke chalet het sy eie lieflike braaiplek buite waar gaste heerlik kan kuier omring deur die natuur.

Gaste kan hul stapstewels aantrek en 'n rigting kies om in te vaar. Verder kan gaste ook hul bergfietse inpak en die plaaspaaie aandurf.

'n Bekende avontuur instansie is op die buurplaas geleë en bied perdry, vierwielmotorfietsritte, witwatervlotvaart en nog baie meer doendinge wat die bloed 'n bietjie vinniger sal laat pomp.

Die plaas is net 12 km van Hazyview af waar gaste verskeie restaurante, winkels en aktiwiteite sal aantref. The Wild Fig is ongeveer 30 km van die Krugerwildtuin se Phabeni-hek af en 40 km van Sabie, Graskop en Pelgrimsrus af. Besienswaardighede in die area sluit watervalle, God's Window, 'n sywurmplaas en nog baie meer in.

Gaste moet 'n hoë voertuig hê om by die instansie te kom weens die 2,8 km grondpad wat nie geskik is vir lae voertuie nie.

Geen troeteldiere word toegelaat nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Wild Fig gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za