The Woods

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Woods is 'n bekoorlike dubbelgastekamer wat in die stil en rustige Brenton-on-Lake-omgewing geleë is. Die gastekamer is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n wegbreek van die gewoel en geraas van die alledaagse stadslewe en wat die roep van suikerbekkies en knysnaloeries wil hoor.

Die pragtige gastekamer het sy eie privaat ingang en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad.

Die kamer het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n induksieplaat, wasbak, ketel, yskassie, induksieplaat, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die kamer het ook 'n TV en toegang tot internet, en 'n parkeerplek word voorsien.

Gaan wandel tot by die strandmeer al langs die strand na Buffelsbaai, of trap jou fiets rondom die strandmeer vir 30 km. The Woods is net 'n kort entjie se stap vanaf die meer met sy gemeenskaplike jettie. Die Blouvlagstrand is 5 minute se stap ver en Knysna se middedorp is sowat 20 minute se ry van die eenheid af.

Slaapplek

'n Bespreking by The Woods sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Woods gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R845 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false